
WEES VEILIG
Verminder die risiko’s deur dié veiligheids-wenke te volg: Laat gekookte water eers ’n paar minute afkoel voor jy dit in jou warmwatersak giet.
Moenie jou warm-watersak tot meer as twee derdes vul nie. As dit te vol is, kan dit lek. Maak seker die doppie is styf vas sodat dit nie lek nie.
Gebruik ’n oortreksel om ’n sensitiewe vel teen die hoë temperatuur te beskerm.
Moenie ’n warm warmwatersak langer as 20 minute teen jou lyf hou nie; die hoë hitte kan jou vel brand.
Jy kan jou bed vooraf met ’n warmwatersak verhit, maar verwyder dit wanneer jy gaan slaap sodat jy nie daarop lê en dit dalk bars nie.
Kinders is geneig om dinge oop te maak wat hulle nie moet nie. Moet dus nie vir hulle ’n warmwatersak gee nie; gebruik dit net om ’n kind se bed vooraf warm te maak en verwyder dit voor hulle inkruip.
Warmwatersakke hou gewoonlik tot twee jaar, maar gaan liefs gereeld die elastisiteit en digtheid van die rubber na.
Moet nooit elektriese warmsakke oorlaai nie en maak voor gebruik seker die kragprop is uitgetrek.
Volg die verhittingsaanwysings vir mikrogolfbare produkte noukeurig, en moet dit nie oorverhit nie.
Moenie mikrogolfbare produkte of elektriese warmsakke tydens verhitting sonder toesig laat nie.