Dit bly ’n deel van die lewe waarvan jy nie kan wegkom nie. Jou bankrekening, e-pos, aftreefonds, siekefonds, selfoon, Facebook-rekening – elkeen het ’n wagwoord of kode wat jy iewers in jou kop moet hou sodat niemand behalwe jy daar kan inkom nie.
Wagwoorde is wonderlik as dit kwaaddoeners uit jou rekeninge hou. Maar dalk het jy ook al gewonder: Wat sal gebeur as jy eendag nie meer daar is nie?
Ook die dood is ’n onvermydelike deel van die lewe. Wat sal gebeur wanneer jy nie self meer hier is om al jou rekeninge op sosiale media en by e-handelaars te bestuur nie?