Op die lange duur sal jy water bespaar as jou gryswater na jou toiletbak of tuin gevoer word. Vra liefs ’n loodgieter om die installering te doen.
Toilette mors kosbare drinkwater met elke spoelslag. Koppel dit eerder aan jou gryswaterstelsel of gebruik emmers stortwater. Jy kan ook die volume van jou spoelbak kleiner maak.