book-icon Uitgawe 19 Mei 2022

Wil jy groente plant? Hier's 7 plantsoorte om in die winter te plant

akkreditasie
Sewe groentesoorte om in die koue seisoen te plant om jou winterbui op te vrolik.

1. SPINASIE

Saai hierdie vinniggroeiende blaargroente gedurende kouer maande. Spinasie gedy in goed gekomposteerde grond wat goed dreineer. Plant saailinge sowat 20 cm uitmekaar en jy kan die buitenste blare begin oes sowat 28-50 dae nadat dit gesaai is.

Jy kan ook babaspinasie in potgrond in bakkies op enige binnenshuise of beskutte sonnige plek kweek. 

Groente.
Foto: Gallo Images/Getty Images

2. BOTTERSKORSIE

Plant botterskorsiesaad in komposryke grond teen die einde van die koudste maande. Of begin vroeg deur hulle in potte te plant weg van enige ryp en skuif dit tuin toe sodra die warmer weer aanbreek, en saai 3-5 sade van ongeveer 1 m.

Dit sal pragtige blomme produseer voor dit gereed is vir oes (85-100 dae).

Jy kan hierdie plant op ’n traliewerk laat groei of in jou tuin laat uitgroei.

Plante.
Foto: Gallo Images/Getty Images

3. BLAARSLAAI

Dit groei goed in kouer weer aangesien dit geneig is om in die hitte te verlep. Plant blaarsaad in ’n bakkie ongeveer ’n maand voor jy dit uitplant en saai dit dan ongeveer 30 cm uitmekaar.

Jy behoort 25-75 dae daarna te kan oes, afhangend van die blaarslaaivariëteit. Hierdie blaargroente is ideaal om in ’n verti- kale planthouer te kweek. 

Plante.
Foto: Gallo Images/Getty Images

4. KNOFFEL

Knoffel word die beste gekweek met knoffelhuisies in die laat herfs of laat winter en hou van komposryke, goed gedreineerde grond en son.

Plant die huisies van die bolvormige blomplant 15-20 cm uitmekaar in die grond of in ’n tuinplanthouer gevul met potgrond. Jy kan die bolle in die somer opgrawe wanneer daar so sewe groen blare is en die onderstes geel/bruin en verskrompel is.

Groente.
Foto: Gallo Images/Getty Images

5. BEET

Saai die sade van hierdie gedeeltelik sonliefhebbende wortelgroente in klam, los grond 30 cm uitmekaar teen ’n diepte van ongeveer 3 cm.

Dit kan geoes word wanneer die deursnee van die wortel ongeveer 10-20 cm lank is, afhangend van die variëteit. Beet kan 70 dae nadat dit geplant is, geoes word en jy kan ook hul mooi blare in slaaie geniet.

Beet.
Foto: Gallo Images/Getty Images

6. RADYS

Radyssade moet ongeveer 15 cm uitmekaar in los, komposryke en goed gedreineerde grond in die grond of in potte gesaai word. Jy sal hierdie vinnig groeiende groente in net 3-5 weke nadat dit gesaai is, kan pluk.

Sommige variëteite produseer wit, rooi en pers radyse.

Radys
Foto: Gallo Images/Getty Images

7. BOERBONE

Kweek hierdie blomplant van die ertjie- en boontjiefamilie in klam grond en volle winterson met elke twee pitte per gaatjie 30 cm uitmekaar.

Peule behoort gereed te wees vir oes binne 12-16 weke nadat dit geplant is – gereelde pluk moedig die plant aan om aan te hou produseer. Boerboonblomme het ’n geur waarvan bye en ander bestuiwers hou.

Plante.
Foto: Gallo Images/Getty Images

Groeiwenke vir groente

Koop saad by ’n betroubare kwekery en kyk na die aanwysings op die verpakking vir leiding oor saai vir jou spesifieke streek, plantdiepte, spasiëring en versorging.

Groentevariëteite kan verskillende voorkeure en toleransies hê. Groeiende groente het baie sonskyn nodig, so plant dit waar hulle soveel moontlik wintersonskyn sal kry.

Jy kan grond tot twee weke voor die tyd voorberei deur kompos, beenmeel en kunsmis by te voeg. Kweek dit in ’n wind- en rypbeskutte gebied.

Maak seker jou groentebedding is van alle kante toeganklik om versorging te vergemaklik. 


Bronne: Briefly.co.za, Gardeningsouthafrica.co.za, Garlicseed.co.za, Growveg.co.za, Lifeisagarden.co.za, Livingseed.co.za, Organicseed.co.za, Reelgardening.co.za, Seedsforafrica.co.za, Stodels.com, Thegardener.co.za 

  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by ‘Huisgenoot’ se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”.  
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!  


Jongste uitgawe

7 Julie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees