Die verskonings is nou uitgedien – dié program is maklik om te volg, verg min tyd en kos ’n fraksie van wat ’n gimlidmaatskap en dieetkundige jou sal kos.
Maak vandag nog die besluit om iets vir jou gesondheid te doen en wie weet – dalk stap jy dié jaar ook in daai mooi swembroek rond wat jy so begeer. Sonder ’n handdoek om die lyf!
Klop die Skaal is Huisgenoot se aanlyn oefen- en eetplan vir vroue.
Die program van 12 weke is spesiaal deur kenners ontwerp om Huisgenoot-lesers te help om daardie lastige kilo’s af te skud. En net omdat jy nie gim toe kan gaan nie, beteken nie jy kan nie oefen nie – die oefenplan gebruik juis min toerusting sodat jy dit tuis kan doen.
Die dieet is realisties en aanpasbaar: ruil die kossoorte met dit wat jy wel in die huis het.
Prys?
Die volledige eet- en oefenplan vir vroue kos R495. Dit is ’n eenmalige betaling – geen maandelikse lidmaatskaptariewe geld nie!
Die prys gee jou toegang tot die webblad met die aanlyn plan wat ons kenners ontwerp het. Jy het net ’n rekenaar of selfoon met internettoegang nodig.
Hoe werk dit?
Die oefenplan is spesiaal ontwerp sodat jy vet kan verbrand én gedefinieerde spiere kan kry.
Dit bestaan uit drie fases van vier weke elk – jy kry eers die oefeninge onder die knie voor die intensiteit in die tweede en derde fase toeneem.
Nuttige illustrasies demonstreer elke oefenbeweging. Jy het net basiese toerusting nodig, en jy kan die oefeninge in die gerief van jou eie huis doen – dis soos om ’n persoonlike afrigter in jou woonkamer te hê!
Die eetplan
Die eetplan is deur ’n dieetkundige saamgestel en werk met ’n spesifieke kilojoule-telling, wat verseker dat jy genoeg energie het. Boonop is dit aanpasbaar en propvol gesonde kos wat goedkoop en maklik is om in die hande te kry.
Ons het ook ’n ruillys saamgestel sodat jy jou eetplan kan aanpas volgens wat jy in die yskas het, wat die res van jou gesin eet of waarvoor jy meer lus is.
Die eetplan strek oor vier weke en word drie keer oor die tydperk van 12 weke herhaal. Jy kan dus niebederfbare produkte in groot maat aankoop.
Vind meer uit
Klik hier vir die antwoorde op nog algemene vrae, of gaan na ons webwerf en klik op “Sluit hier aan” om vandag nog die verandering te maak.