Die A-Z van melk: Maak seker jy koop die soort wat jy nodig het

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto verskaf
Foto verskaf
Veelsydig, bekostigbaar, gerieflik en ’n bron van noodsaaklike voedingstowwe vir almal – hier’s nog oor die staatmaker melk.

Koeimelk is ’n veelsydige en gerieflike bron van noodsaaklike voedingstowwe vir almal. Dit is een van die beste kosbronne van kalsium en bevat ook ’n unieke kombinasie van waardevolle voedingstowwe, waarvan party gewoonlik in baie Suid-Afrikaners se dieet kortkom. Dit sluit in kalsium, kalium en vitamien A.

Melk is ook ’n bekostigbare bron van proteïen – en melk se algehele voedingswaarde spruit voort uit meer as net die som van die afsonderlike voedingstowwe. Daarby is melk heilsaam en vullend, reg om geniet te word net soos dit is, of as ’n basis vir ander geregte.


Hier’s wat jy moet weet:

Sampro
Foto verskaf

Die enigste verskil tussen volroom-, laevet- en vetvrye melk is die hoeveelheid vet per porsie, wat ook deur die energiewaarde (kJ) weerspieël word. ’n Porsie van 250 ml volroommelk bevat 8 g vet en 640 kJ vergeleke met 4 g vet en 518 kJ in laevetmelk. Vetvrye melk bevat 0,5 g vet en 362 kJ per 250 ml-porsie.

Jy kan ook kies om vars (gepasteuriseerde) melk te koop of melk wat langer hou, soos langlewe- of poeiermelk. Dit maak nie saak watter een jy kies nie – elkeen bied jou al die goedheid van koeimelk.

Hou altyd vars melk in die yskas. Langlewemelk kan in die kas gebêre word tot jy dit nodig het, maar sit dit in die yskas wanneer dit eers oopgemaak is. Poeiermelk is gerieflik, want jy kan net soveel berei as wat jy op ’n slag nodig het.

Weet wat in jou mandjie is

Sorg dat dit wat jy as poeiermelk koop van regte koeimelk gemaak is. Die lys van bestanddele sal kort wees en die eerste item sal altyd volroom- of vetvrye (koei-) melk wees. Indien nie, is dit nie regte melk nie.

Moenie mislei word nie: koffieverromer is nie koeimelk nie! Koffieverromer word van ongesonde plantvette gemaak en bevat baie min proteïen (0,1%) en geen kalsium of enige van die ander belangrike voedingstowwe van melk nie.

Koffieverromer is nie ’n geskikte plaasvervanger vir melk nie en kan nooit melk of formulemelk in die dieet van kinders of babas vervang nie.

Maak jou keuse: Jy sal dieselfde unieke samestelling van voedingstowwe en die smaak waarvoor jy lief is, kry – watter melkopsie jy ook al kies.

Het jy geweet?

Wil jy melk later gebruik? Vries dit eenvoudig in kleiner houers en laat dit dan in die yskas ontvries voor jy dit gebruik. ’n Vinnige skud nadat dit ontvries het en dit is reg om te drink of in jou gunsteling-resepte te gebruik.

Hierdie inligting is deur ’n derdepartykliënt verskaf.

Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees