Johannesburgse vrou se lewe verander heeltemal ná diagnose van lupus

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Lupus is by Desiree van Niekerk gediagnoseer
Lupus is by Desiree van Niekerk gediagnoseer
Omdat sy die regte versekeringspolisse in plek gehad het, was dit vir Desirée van Niekerk nie nodig om haar te bekommer oor haar finansiële welstand nadat sy met die chroniese outo-immuunsiekte gediagnoseer is nie.

Desirée van Niekerk (43) het een oggend in 2015 wakker geword met belemmerde  sig, bloedbelope oë en ondraaglike pyn in haar oë. Sy was vreesbevange, maar sy het nie die erns van die toestand onmiddellik besef nie. “Ek het maar gedink dis pienkoog,” vertel sy.

Sy is na haar huisdokter toe, maar die medisyne wat hy vir haar gegee het, het nie gewerk nie. “Toe is ek na ’n optometris, maar dié het een kyk na my oë gegee en gesê wat ook al hier verkeerd is, is bo sy vuurmaakplek.

“Ek is verwys na ’n oftalmoloog wat gou-gou uitgepluis het wat my makeer: uveïtis.” Dis ’n soort oogontsteking wat rooiheid, pyn en belemmerde sig veroorsaak. Die simptome kan skielik toeslaan en vinnig vererger.

Dit het ’n tydjie geneem om die oorsaak van Desirée se uveïtis te vind. Sy is vir twee weke in die Donald Gordon- mediese sentrum by Wits in Johannesburg opgeneem vir verskeie toetse. Eindelik is lupus by haar gediagnoseer – ’n langdurige  outo-immuun siekte wat die immuunstelsel ooraktiveer sodat selfs gesonde weefsel aangeval word.

Die diagnose was ’n skok. “Ek was nog altyd baie aktief en gesond. Ek het naweke aan 10 km-wedrenne deelgeneem en ek was gereeld in die gimnasium. Ek was nog nooit tevore ernstig siek nie. Niemand in my familie het al lupus gehad nie. Ek het nog net een keer daarvan gehoor, en dis in ’n episode van die TV-reeks House. Ek het nog nooit gehoor van iemand wat regtig daaraan ly nie,” sê Desirée.

“Ná die diagnose het my dokter my vertel ek gaan lupus vir die res van my lewe hê. Dis nie iets wat gesond gemaak kan word nie. Ek moes my voorberei daarop dat dit ’n lang pad gaan wees.”

Hulle noem lupus die “siekte met ’n duisend gesigte” omdat die simptome grootliks  kan verskil. “In my geval is dit hoofsaaklik my oë wat aangetas is, maar ek kry ook gewrig- en spierpyn. Ek voel naar. Slaap is ook ’n stryd, so ek is die meeste van die tyd moeg. Dis ’n bose kringloop. Jy’s ongesond en moeg en dit maak jou neerslagtig – en dan voel jy nóg erger.”

’n Moeilike besluit

Om aansoek te doen om medies ongeskik verklaar te word, was een van die moeilikste dinge wat Desirée nog ooit in haar lewe moes doen. As ’n bemarkingsbestuurder in die motorbedryf het sy gereeld 14-uur dae gewerk, maar haar toestand het dit onmoontlik gemaak. “My sig is dof. Ek sien dubbel of trippel van alles. Ek kon sigblaaie nie lees nie. Ek het gesukkel om te sien wie dit is wanneer my baas in ‘n vertrek vir ’n vergadering instap. Ek moes noodgedwonge verlof neem, wat veroorsaak het dat my werk agter raak en my span gedwing het om swaarder te trek. Dit is nie die soort mens wat ek is nie. My werk was so ’n sentrale deel van wie ek was.”

Dit was ’n moeilike besluit, maar as sy nou terugdink, weet Desirée dit was die regte een. Dit het haar bevry van kommer oor haar werk en haar die geleentheid gegee om op haarself en haar gesondheid te fokus.

Die feit dat sy gevreesde siekte- en ongeskiktheidsdekking gehad het, het ook beteken dat sy haar nie hoef te bekommer oor haar finansiële welstand nie. “My pa was altyd ontsettend ingestel daarop dat ons die regte versekering moes hê. Ek het my Old Mutual Gevreesde Siekte- en Ongeskiktheidsdekking lank gelede al uitgeneem.”

Sy het eers ’n siekte-eis ingedien om haar rekeninge en skuld te vereffen. “Ek was onder baie geldelike druk omdat die mediese rekeninge ongelooflik hoog was. Sommige van die behandelings kos ’n fortuin. Ek het nie eens geweet dat lupus ’n gevreesde siekte was nie, maar my finansiële adviseur, Alan Pruis, het my vertel dat ek kan eis.”

Sy het ’n belastingvrye enkelbedraguitbetaling by Old Mutual gekry. “Dit het gevoel asof ek die lotery gewen het. Dit het my rekeninge en skuld gedelg en vir verskeie mediese prosedures betaal.” Later, nadat sy medies ongeskik verklaar is, het haar ongeskiktheidsdekking vir nog ’n enkelbedrag uitbetaling gesorg. Sy trek deesdae ’n maand se “salaris” om haar rekeninge en lewenskoste te dek; die res is herbelê.

Haar welstand eerste

Hierdie polisse – wat albei die volle versekerde bedrag uitbetaal het – het Desirée gemoedsrus gegee wat haar kon laat fokus op wat die belangrikste is – haar gesondheid. “Sonder daardie polisse sou ek geknak het onder die finansiële druk en ek sou nie kon ophou werk nie. Ek sou by my ouers moes intrek en hulle sou vir my moes sorg. Al die stres en angs wat ek gehad het oor hoe ek kos op die tafel sou sit of my rekeninge sou betaal – alles het net weggesmelt.

“Ek het nou die tyd en die middele om na myself en my gesondheid om te sien.”

Die uitbetalings het Desirée ook in staat gestel om haar mediese skema op te gradeer. Sy ontvang maandelikse bymengings en kortisooninspuitings in haar oë. Sy hoop hierdie gereelde inspuitings kan binnekort vervang word met kortisooninplantings wat die medikasie stadig vrystel. “Ek sou nooit die behandeling wat ek nou kry kon bekostig as ek nie my mediese fonds na ’n hoër plan kon verander nie.”

En as sy later dalk ’n ander gevreesde siekte sou opdoen, kan sy weer van haar Old Mutual Gevreesde Siekte dekking eis. “Ongelukkig is daar met lupus ’n verhoogde moontlikheid daarvan, maar ek is steeds gedek in daardie geval.”

Party dae is erger as ander, wat betref haar simptome én haar emosionele welstand, maar Desirée het geleer om aan te pas. “Dis verbasend  hoe my ander sintuie – soos my reuk en smaak – verbeter het. Ek is lief vir lees  – ek kan die teks op my Kindle groter stel. En ek zoem gereeld in op my foon. Ek het sagteware op die rekenaar wat dit makliker maak om e-posse te lees. Selfs met al dié hulp, kan ek net sowat 15 minute lees voor die pyn in my oë te erg raak.” Desirée oorweeg dit om braille te leer.

“Op ’n emosionele vlak ervaar ek dinge anders,” sê sy. “Ek is meer dankbaar vir wat ek het. Ek was baie loopbaangedrewe en materialisties, maar die lewe is kosbaar en kort. My diere – twee honde en drie katte – my gesin, vriende en geliefdes . . . dís wat regtig belangrik is.”

Old Mutual
Desiree by haar troeteldiere

Dis hoekom jy dekking behoort te kry

Ons kleef almal aan die hoop dat ons nie deur ’n aftekelende siekte geraak gaan word nie, maar dit is buite ons beheer. Volgens ‘n wêreldwye opname sal een uit vier mense deur die verloop van hulle werkloopbaan weens siekte of ‘n ongeluk ongeskik raak.

En wanneer jy deur so ’n tragiese siekte in die gesig gestaar word, is geld die laaste ding waaroor jy jou behoort te bekommer. Jy het al jou krag en energie en die nodige  tyd weg van jou werk nodig – om jou op jou gesondheid en herstel toe te spits.

Siekte- en ongeskiktheidsversekering laat dit toe. Dit verlig finansiële angs wanneer jy nie ‘n inkomste kan verdien nie en ruim die vrees uit die weg oor hoe jy die rekeninge (en mediese koste) en jou lewenskoste gaan betaal.

Old Mutual bied sy kliënte die buigbaarheid om ongeskiktheidsversekering te bou wat in hul unieke behoeftes voorsien.  Old Mutual se Personal Cover aanbieding sluit Ongeskiktheidsversekering in. Afhangende van die produk wat jy kies, betaal Old Mutual ‘n belastingvrye enkelbedrag of ‘n maandelikse belastingvrye betaling vir tot 24 maande as jy weens siekte of besering tydelik, gedeeltelik of permanent ingekort is en nie kan werk of na jouself kan omsien nie. Met hulp van jou finansiële adviseur kan jy die dekking nommerpas struktureer om aan jou behoeftes te voldoen en net betaal vir wat jy benodig.  Afhangende van die grootte van die dekking wat jy wil uitneem, mag jy selfs jou onderskrywingsmetode kies – jou premie kan goedkoper wees indien jy mediese toetse ondergaan en gesond is. En met die Old Mutual Rewards program word jy vergoed vir fisiese en finansiële fiksheid.

Dis nou tyd om Old Mutual Ongeskiktheidsversekering te kry wat geskik is vir jou.  Skakel jou finansiële adviseur, 0860 60 60 60 of besoek Old Mutual vir meer inligting. 

Hierdie artikel moenie as finansiële raad beskou word nie.

Old Mutual Life Assurance Company (SA) Limited is ’n gemagtigde FDV en lewensversekeraar.

Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees