HG se nuwe tydskrif deel als oor CBD-produkte – die nuwe gesondheidsgier waaroor almal gons!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Is jy nuuskierig oor CBD? Hierdie splinternuwe tydskrif vertel jou alles wat jy oor dié nuwe gesondheidsgier moet weet.
CBD
Foto: Verskaf.

Ken jy die verskil tussen CBD en THC (KBD en THK in Afrikaans)? Of wonder jy oor die KBD-produkte wat deesdae oral opduik?

Huisgenoot se nuwe CBD-produkte is die beste gids vir hierdie nuwe gier – wat dit is, hoe dit werk en wat jy alles nog oor die aanvulling moet weet.

Binne-in dié propvol tydskrif:

Wat jy oor KBD moet weet

Ons gee jou ’n blitskursus oor wat presies KBD is, deel ’n beginnersgids oor die koop van KBD-produkte en verskaf wenke oor hoe om vals produkte uit te ken en die mees geskikte dosis vir jou te vind. Ons kyk ook na die moontlike gevare van KBD.

Ware verhale

Suid-Afrikaners vertel hoe KBD hulle gehelp het om kwale soos pyn, menopouse-simptome, slaaploosheid en angs te hanteer. Ons vind ook uit  watter plaaslike en internasionale bekendes KBD-gebruikers is.

Skoonheid en lyf

KBD- en hennep-skoonheidsprodukte is deesdae oral. Ons kyk wat alles op die mark is. Watter uitwerking het KBD op jou liggaam en kan dit jou fikser maak? Kenners lig die sluier.

KBD en die jongspan

Is KBD enigsins vir kinders veilig?

Perfek vir troeteldiere

Twee troeteldiereienaars verduidelik hoe KBD hul vierpootvriende gehelp het.

Getoets en beproef

Huisgenoot-personeel toets KBD-produkte en ons verskaf ook maklike KBD-resepte wat jy by die huis kan maak.

  • Huisgenoot se CBD-produkte is nou te koop. Kry joune by groot kleinhandelaars of aanlyn. 
Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees