Laat jou oë rus! Kry nou HG se Blokraaie in Groot Druk no.3

akkreditasie
As jy versot is op woorde, maar gereeld jou bril nader trek om blokraaie in te vul, is Huisgenoot se Blokraaie in Groot Druk vir jou.

Jy hoef nie die lekkerte van blokraaie voltooi prys te gee as jy dit moeilik vind om die klein leidrade te lees nie!

Huisgenoot se Blokraaie in Groot Druk No. 3 is spesiaal vir mense wat soms hul oë op skrefies moet trek wanneer hulle blokraaie invul.

Dié tydskrif bevat ’n groter weergawe van die gewilde groot en fotoblokraaie wat weekliks in Huisgenoot verskyn en dus is die leidrade heelwat makliker om te lees. Elkeen van dié raaisels in hierdie uitgawe strek oor twee bladsye en die leidrade is twee keer groter as gewoonlik. Daar is ook korter blokraaie wat elk op een bladsy inpas vir 'n vinnige blaaskans.  

Elke blokraai bied ’n heerlike oefensessie vir jou brein, maar as jy heeltemal vashaak kan jy agterin die uitgawe loer om die ontwykende antwoord te kry.

Bly op ’n koue winterdag knus in die bed vir 'n ketting-invulsessie en hope woordpret, of koop die tydskrif as geskenk vir iemand wat blokraaibetotteld is. Kry jou eksemplaar sommer vandag nog!

Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees