Deel

Manne, nou is die tyd! Groet jou boep dié somer!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Huisgenoot het ’n aanlyn program wat jy in privaatheid kan volg – en jy betaal net een keer!
HG Groet jou boep
Foto: Verskaf.

Dis weer sulke tyd: wanneer die dae langer en warmer word, die kinders daagliks begin neul jy moet die swembadseil afhaal, en jou swembroek jou vuil kyke gee daar waar jy hom gesmyt het die laaste keer toe jy jouself ’n eerlike kyk in die spieël gegee het.

Maar hierdie somer hoef nie so te eindig nie. Dié keer kan jy beheer neem van dinge met ’n pasgemaakte 12-weke-plan wat spesiaal deur kenners ontwerp is vir Huisgenoot se manlike lesers. 

Groet jou Boep sal jou help om maagvet binne 12 weke weg te brand én lenige spiere te bou. Dis ideaal vir mans wat al lankal gewig wil verloor maar nie weet waar om te begin nie. Skep moed, want hier’s hulp!

Met Huisgenoot se Groet Jou Boep-program kan jy óók ’n blokkiesmaag hê.

Prys: Slegs R495 – ’n eenmalige betaling wat jou toegang tot die webblad gee met die aanlyn plan.

Hoe werk dit? Vergeet van duur persoonlike afrigters en die nuutste oefengiere – ons het die oefenplan wat jou die meeste gewig kan laat verloor terwyl dit die soort spiere bou wat geen mens kan miskyk nie.

Die plan is in fases verdeel – jy kry eers die oefeninge onder die knie, voor die intensiteit toeneem.

Nuttige illustrasies demonstreer elke oefening, sodat selfs beginners dit maklik kan volg. Jy het net basiese toerusting nodig, en kan die oefeninge in die gerief van jou eie huis doen – dis soos om ’n persoonlike afrigter in jou woonkamer te hê!

Die eetplan

Dis deur ’n span dieetkundiges van die Instituut vir Sportwetenskap van Suid-Afrika saamgestel, en is gebalanseerd en prakties. Dit leer jou om beter te eet sodat jy ’n beter lyf kan bou.

Moenie bekommerd wees nie – jy sal goed eet: baie meer vleis en proteïen, gesonde vette en goeie koolhidrate.

Die eetplan is ontwerp vir ’n man wat 90 kg weeg en ’n kilogram per week wil afskud, maar ons wys jou hoe om die porsiegrootte aan te pas sodat dit vir enige liggaamsgewig geskik is.

Meer inligting

Besoek die Groet jou Boep-webwerf en klik op “Spring weg!” om te begin of besoek die “algemene vrae”-afdeling om meer inligting te bekom.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

8 Junie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees