Matrieks! Kom neem deel aan ons gratis aanlyn gesprek

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Dis die één blaaskans weg van die boeke waaroor jy nie skuldig hoef te voel nie.

Huisgenoot, Matrieks
Foto: Verskaf

Die onbekende lê nou voor...

Ons weet jou matriekjaar is deur die covid-19-pandemie ontwrig. Nou is die matriekeindeksamen om die draai en dan moet jy die grootmenswêreld as jong volwassene betree. 

Ons wil jou help!

Kom kuier saam met Huisgenoot, die Tik­Tok-ster Katinka die Kat, ’n leierskapskonsultant en beroepsvoorligter tydens ’n regstreekse aanlyn gesprek. Ons gaan gesels oor die oorgang na die grootmenswêreld en die opwindende moontlikhede wat ná skool wag! Jy sal ook vrae kan vra wat deur die kenners bespreek sal word.

Wanneer:

  • 27 Oktober 2021
  • TYD: 20:00
  • DIS GRATIS!

Sprekers:
  • Katinka die Kat
    Sosiale media-ster
  • Prof. Zak Nel
    Loopbaanvoorligter
  • Gielie Hoffmann
    Leierskapskonsultant

Besoek Crowdcast om te registreer!

Klik op “Klik hier en kom binne”, vul jou besonderhede in en maak seker jy skakel op 27 Oktober om 20:00 in.

Ouers is ook welkom.

Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees