’n Nuwe innoverende en opwindende digitale hoofstuk vir Landbouweekblad

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Al Landbouweekblad se inhoud is nou digitaal agter sy eie betaalmuur beskikbaar.
Voorheen net ’n tydskrif, is Landbouweekblad vanda
Voorheen net ’n tydskrif, is Landbouweekblad vandag soveel meer. Foto: Verskaf.

Die herontwerpte landbou.com is deel van Landbouweekblad se volgende hoofstuk om ’n Afrikaanse tuiste vir die landbou op die web te bou.

Landbouweekblad dien boere en landbou in die breë nou al ’n rapsie langer as ’n eeu en oor die jare heen het die landbou baie verander, vertel Chris Burgess, hoofredakteur van Landbouweekblad.

“Binne ’n eeu is osse en perde vervang deur reuse-ysters met ’n magdom digitale slimsensors wat alles dophou. Hommeltuie, genomika en gevorderde klimaatbeheer is alles deesdae so deel van ’n boer se lewe soos droogtes en donderstorms. Saam met die bedryf het Landbouweekblad ook aangepas”

Voorheen net ’n tydskrif, is Landbouweekblad vandag soveel meer. Daar is TV-reekse, ’n reeks spesiale tydskrifte, wat Boerekos, Suid-Afrika se grootste kostydskrif wat verkope betref, insluit, en landbouboeke deur die land se top-veeartse en kenners soos dr. Faffa Malan, prof. Hennie Snyman, Theo Vorster en die legendariese André Lund. 

Vir R149 per maand, soveel as wat net die tydskrifte in ’n maand sal kos, het intekenare toegang tot die volgende: 

  • Webinare en konferensies, wat op ’n verskeidenheid platforms uitgesaai word, asook afslag op alle nuwe webinare;
  • Landbouweekliks-episodes oor die land se topboere;
  • Toegang tot ’n verskeidenheid spesiale tydskrifuitgawes soos Vee, Tegnologie, Boereplanne of Herlewingslandbou;
  • ’n Nuwe weerafdeling, met die jongste weervoorspellings, ontleding van weerpatrone, algemene weerstories en gereelde gesprekke met streeksweervoorspellers;
  • ’n Luisterfunksie vir artikels en ’n omvattende artikel-argief;
  • Die weeklikse Landbouweekblad-tydskrif in PDF-formaat.

Intekenare het toegang tot die produkte via rekenaar, selfoon of ’n toepassing. Die Landbou.com-app is beskikbaar vir Android-, Huawei- en Apple-gebruikers. 

Om toegang te kry op die web: www.landbou.com en die app is beskikbaar in die bogenoemde app winkels – tik net Landbou.com in by die soekfunksie.

Indien jy enige vrae het, kontak die dienssentrum by diens@netwerk24.com of bel 087 353 1300.

Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees