Dis daai tyd van die jaar dat die son ’n bietjie langer skyn, die weer ’n bietjie beter lyk, jou swembroek in die kas vir jou begin ogies maak en jy skielik weer lus voel vir oefening.
Maar ’n gimlidmaatskap is duur, jy het min tyd, en boonop is jy nie lus om alleen soggens die strate aan te durf vir ’n drafsessie nie. (Of dalk doen jy dit reeds, maar jy benodig ietsie ekstra?)
Huisgenoot Geen Gim is pasgemaak vir enigiemand wat meer wil oefen, maar min tyd het. Dis ’n eenvoudige, aanpasbare oefenplan wat geen spoggerige toerusting vereis nie en gemik is op besige vroue. Daarby betaal jy net één keer daarvoor.
Jy hoef nie een dag langer uit te stel om jou droomlyf te kry nie – trek jou oefenklere aan en spring vandag nog aan die werk. Huisgenoot Geen Gim is met die druk van ’n knoppie beskikbaar.
Wat kry jy?
- ’n Volledige oefenplan van drie weke wat jy oor en oor kan doen of kan aanpas wanneer jy fikser word. Elke week bied 3 intense weerstand-oefensessies, 1 lae-intensiteit-kardiosessie en 1 joga-/streksessie.
- Daar is bykomende oefensessies wat afwisseling bied – omdat jy jou plan kan aanpas, sal dit keer dat jy verveeld raak.
- Die plan sluit duidelike sketse en beskrywings van die oefenbewegings in.
- Gebruik die stap vir stap-aanwysings of video’s wat wys hoe om meer uitdagende oefeninge te doen.
- Daar is ook toetse en oefeninge om die wanbalanse in jou liggaam te herstel.
Prys?
R495 – eenmalig. Jy betaal net één keer!