Neem vanaand gratis deel aan HG se aanlyn blokraaispeletjie!

akkreditasie
Foto Verskaf
Foto Verskaf

As jy van blokraaie hou, sal jy gek wees oor ons maandelikse kuberkuier, Blokraai Regstreeks. Dit is ’n heerlike uur van dink, saamspeel en lekker lag. Die volgende kuberkuier is om die draai – bespreek jou plek nou!

Wat is dit? Blokraai Regstreeks is ’n aanlyn speletjiesprogram waar jy ander blokraai-geesdriftiges ontmoet, saam-saam oor leidrade kopkrap en lekker pryse wen.

Hoe werk dit? Deelname is gratis, maar jy moet met ’n e-posadres registreer. Die skakel na die uitsending sal na daardie e-posadres gestuur word. Gaan na Crowdcast om jou plek te registreer. Om 19:55 op 3 Junie klik jy op die skakel en kry jy toegang tot die uitsending. Ons begin stiptelik om 20:00.

Onthou: Omdat jy leidrade in ’n blokraai moet kan raaksien, werk ’n rekenaar beter as ’n selfoon. Die aanbieder gesels ’n bietjie met die groep en daarna deel sy haar skerm sodat almal dieselfde blokraai kan sien. Die groep gee antwoorde. By sommige leidrade is daar pryse versteek.

Die aanbieder: Gerda Engelbrecht is een van Huisgenoot se gereelde blokraai-opstellers.

Gaan na Crowscast en bespreek jou plek nou!

Wat kan ek wen?

In hierdie uitsending gee ons heerlike pamperlang-produkte van Nivea weg wat altesaam meer as R400 werd is. Dit sluit in NIVEA Crème (2 blikkies), NIVEA Refreshing Face Wash Gel, NIVEA Shine Control Face Wash, NIVEA Gentle Cleansing Crème Wash, NIVEA SUN Anti-Age Face Cream SPF50, NIVEA MEN Deep Shampoo en NIVEA MEN Deep Body Lotion

Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees