Deel

Ontdek die wêreld se koudste plekke saam met David Attenborough in nuwe reeks ‘Frozen Planet II’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Laat David Attenborough jou op ’n toer neem na ysige wonderwêreld met ‘Frozen Planet II’, die keer met ultra-hoë definisie en die nuutste kamerategnologie. Jy staan ook die kans om ’n dubbelkaartjie na ’n eksklusiewe vooraf-vertoning in Johannesburg te wen.
Picture Shows: Deserted by their parents, Emperor
Foto: verskaf.

Die splinternuwe, asemrowende BBC baanbrekersreeks in natuurgeskiedenis, Frozen Planet II, begin Maandag 13 Februarie op BBC Earth (DStv kanaal 184) om 20:00. Die reeks van ses episodes neem kykers na die wêreld se koudste plekke – en net oor ons bekend is vir ons droogtes en woestyne, beteken dit nie Afrika is uitgesluit nie!

In 2011 het Frozen Planet BBC-kykers ’n ongeëwenaarde insig tot lewe by die Pole gegee. Nou, 11 jaar later, keer Frozen Planet II terug na die arktiese sirkel sowel as Antartika, maar verken ook verder as die Pole: ons hoë berge, bevrore woestyne, toegesneeude woude en yskoue oseane. Die reeks word aangebied deur die geliefde natuurvegter en alombekende BBC-stem, Sir David Attenborough.  

Picture Shows: Deserted by their parents, Emperor
Foto: verskaf.
Picture Shows: Deserted by their parents, Emperor
Foto: verskaf.

Die reeks se uitvoerende vervaardiger Mark Brownlow – wat ook aan wêreldbekende natuurdokkies soos Blue Planet II, Planet Earth II en Seven Worlds, One Planet gewerk het – sê die span wou die gehoor in elke episode verras. “Ek het gevoel ons kon die reeks uitbrei om die gehoor te verras met hoe wyd en verskillend die verskeie bevrore wêrelde regoor die aarde is. Dis merkwaardig dat op enige oomblik, ’n vyfde van die aarde met sneeu of ys bedek is,” sê hy. 

“En veral nou, omdat dit die mees vinnig-veranderende omgewing op aarde is as gevolg van mensgemaakte klimaatsverandering, het ons gevoel daar is ’n universele fliek om te maak, wat kontemporêr is, vars en met werklike relevansie, verbind met die gehoor se groter bewustheid van klimaatsverandering.” 

In dié weergawe van Frozen Planet kan jy inskakel om dinge te sien soos die rare verkleurmannetjie wat op die hoë hange van die reuse Mount Kenya woon, waar alles oornag vries, net om weer die volgende oggend te smelt in die warm, tropiese son. In hierdie twee uiterstes moet die koudbloedige reptiel seker maak sy skenk geboorte op net die regte oomblik, sodat sy haar babas kan beskerm teen ’n yskoue dood. 

Dié koue plekke is geleë in die laaste ware wildernisareas op aarde, plekke so uitdagend vir oorlewing dat net ’n heroïese klomp diere hier kan woon. Van ysbere tot pikkewyne, Siberiese tiere tot sneeu-ape, elke spesie moet unieke uitdagings oorkom om te oorleef in dié uiterstes.

“Met behulp van wetenskaplikes het ons sterk tydsverloopkameras bo op Quelccaya in die Andes geïnstalleer, sowel as onder in Rothera in Antarktika, en bo in Svalbard in die Arkties. Ons het tydsverloopkameras langtermyn ingestel om die verandering te wys wat voor ons oë plaasvind. Ons het ook satelliete opgekommandeer om die veranderinge van die ruimte af ten toon te stel, om die groter prentjie te wys,” vertel Brownlow.
Picture Shows: Deserted by their parents, Emperor
Foto: verskaf.

Die nuwe tegnologie en breër spektrum beteken Frozen Planet II  is werklik ’n kans om die wonder van ons planeet se bevrore wêrelde te beleef waar hulle op die rand van reuseverandering staan.  

Hier is ’n voorskou van wat jy kan verwag: 

Wen!

Lesers wat in Johannesburg woon of daar gaan wees op 7 Februarie 2023, kan inskryf om ’n kans te staan om een van drie dubbelkaartjies na ’n eksklusiewe vooraf-vertoning in Hyde Park te wen.  

Die prys sluit ’n dubbelkaartjie, groot-combo en parkering in.  

Om in te skryf, vul die vorm hieronder in.

Die kompetisie het gesluit. Baie dankie.
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

30 Maart 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees