Pasiënte van regoor wêreld stroom na luukse tandheelkunde praktyk in Kaap

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hierdie luukse tandheelkundepraktyk in Kaapstad sal ’n (mooi) glimlag op enigeen se gesig sit.
JJ Dentistry
Foto: Verskaf.

JJS Dentistry is ’n luukse tandheelkundepraktyk in Kaapstad wie se goeie reputasie hom vooruitloop. Dié praktyk verskaf diens van wêreldgehalte en bied individuele behandelingsplanne wat pasiënte se behoeftes en doelwitte pas. Hul voortdurende toewyding om hul pasiënte se ervaring te verbeter is wat JJS Dentistry uniek maak.

Oor die jare is pasiënte van oor die wêreld al hier behandel en hulle bly steeds verbind tot internasionale standaarde. By JJS Dentistry word die jongste tandheelkundige tegnologie en behandelings ingespan om pasiënte net die beste gehalte in terme van gesondheidsorg en noukeurigheid te bied.

Die kern van die praktyk is die stigter, dr. JJ Serfontein, ’n passievolle en baie ervare tandarts wat spesialiseer in kosmetiese en algemene tandheelkunde. Lesers ken hom dalk reeds van die drie seisoene wat hy deel was van Mooimaak, die tv-program wat aangebied is deur Clare Wiese-Wentzel.

“Oor die jare het ek aan honderde glimlagte gewerk en gevind wanneer jy regtig geesdriftig is oor wat jy doen, is dit ook in die eindproduk te sien,” sê hy.

JJ Dentistry
Foto: Verskaf.

Dr. Serfontein is ’n gekwalifiseerde tandarts en lid van die SA Akademie vir Estetiese Tandheelkunde (SAAAD), die International Team for Implantology (ITI), American Academy of Dental Sleep Medicine (AADSM) en die SA Raad vir Gesondheidsberoepe (HPCSA). Oor die dekades het hy ’n wye verskeidenheid pasiënte van oor die wêreld behandel en sy vaardighede geslyp, terwyl hy homself voortdurend op die hoogte hou van nuwe ontwikkelings in gevorderde tandheelkunde.

Dr. Serfontein glo daaraan om die grense van tandheelkunde te verskuif en innoverende oplossings vir sy pasiënte te bied. “Die glimlagte wat ek skep, is funksioneel sowel as pragtig. Hulle word geprakseer deur materiale van net die beste gehalte wat tans beskikbaar is, te gebruik. Ons gebruik ’n unieke digitale werksvloei, wat die proses van begin tot einde beheer. Hierdeur kan ons die waarde wat die pasiënt kry optimaliseer en jou so doeltreffend as moontlik behandel,” verduidelik hy.

Dr. Serfontein was al bevoorreg om verskeie internasionale en plaaslike bekendes te behandel, maar is steeds ’n nederige rigtinggewer in die praktyk.

Wanneer jy JJS Dentistry besoek – of dit nou by hul tak in die V&A Waterfront in Kaapstad is, of by hul Vinyards praktyk in Durbanville – ontvang jy nie net uitstekende behandeling nie, maar word jy ook hartlik verwelkom. Hulle glo daaraan om aan die behoeftes van hul pasiënte te voldoen en dienste te verskaf wat gesondheid, funksionaliteit en die estetika van ’n glimlag verbeter.

Die behandelingslys is omvattend. “Daar is niks wat ons nie kan doen nie en geen glimlag wat ons nie kan regmaak nie.” Hul vernaamste dienste sluit in die skep van ’n nuwe glimlag, tandheelkundige inplantings en volwasse ortodonsie, maar hulle bied ook dienste soos roetine-ondersoeke, plaakverwydering en polering, veneers, die bleik van tande en tandekners-behandeling (bruksisme).

Jongste uitgawe

2 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees