Grendelglipsie en wynappel – skep met dié nuwe woorde en jy kan groot wen

akkreditasie
Foto: verskaf
Foto: verskaf
Afrikaans het nie stilgesit in die maande van inperking nie, en Afrikaans.com het ’n prettige aanlyn woordeboek geskep waarin al die nuwe woorde in ons woordeskat aangeteken is. Wys ons hoe jy dié woorde gebruik, en wen ’n allemintige R10 000.

Het jy tydens die inperking in ’n tuinholler ontpop, of dalk jou buurvrou in ’n klikaktivis laat ontaard? Moes jy koes vir die grypkopers in die winkel wat die wynappels opgestapel het?

Die afgelope paar maande het ’n skatkis van kosbare Afrikaanse nuutskeppings opgelewer. Nou wil Afrikaans.com jou aanmoedig om die woorde in te span deur ’n lekker geelwortel voor jou neus te swaai.   

Jy kan op een van drie maniere wen:

1. Gebruik minstens 10 van die nuutskeppings uit die kuberwoordeboek wat jy hier kan aflaai in ’n gedig, versie, opstel, lied of moppie (spotliedjie). Die kreatiefste inskrywing, soos aangewys deur verteenwoordigers van Huisgenoot en Afrikaans.com, wen R10 000. Hoe’s daai om ’n paar gate toe te stop?

2. Die inskrywing wat die lesers se gunsteling is, wen ’n lekker R4 000. 

3. Een leser wat vir sy gunsteling gestem het (ongeag of die inskrywing gewen het of nie), wen R3 500.  

Laai jou inskrywing op die meegaande vorm op. Stuur jou moppie (spotliedjie) na hydcompetitions@media24.com

Die inskrywing moet ons voor 9 September bereik.  

Vir meer oor die veldtog, besoek Afrikaans.com

Die kompetisie het gesluit. Baie dankie.
Jongste uitgawe

6 Oktober 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in