Huisgenoot se tiende woordsoektydskrif is ideaal vir enige asemskep-oomblik. Met 118 raaisels en ’ verskeidenheid interessante temas is daar iets vir elkeen in die gesin.
Maak jouself tuis op die rusbank en gaan saam met ons op reis. Jy kan uitsien na lekker temas soos:
- Eilandlewe
- Avontuursport
- Nommerplaatpret
- Kalahari-diere
- Sportnutsvoertuie
- Geliefde TV-reekse
- Trooskos
Vir die kinders is daar net sulke lekker onderwerpe:
- Seerowers
- Lekkergoed
- Pretparke
- Kusdorpe
- Plaas- en stadslewe
- Diere
- Sterrekyk
“Verveeld” is seker die enigste woord waaraan jy nié gaan dink met dié woordsoektydskrif in die huis nie!
Jy sal Huisgenoot-Woordsoek no. 10 in enige groot supermark vind of in die aanlyn Media24-winkel by media24shop.com. Of stuur ’n e-pos na koop@huisgenoot.com of bel 021-406-4962.