Kom toets jou blokraaivernuf op 3 November en jy kan ’n lekker bottel rooiwyn wen

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Sluit aan by Blokraai Regstreeks, Huisgenoot se groep blokraai-entoesiaste wat maandeliks aanlyn byeenkom om saam blokraaie in te vul en lekker saam te gesels.
Blokraai
Foto: Verskaf

Is jy versot op blokraaie? Sluit vandag nog by Huisgenoot se aanlyn program, Blokraai Regstreeks, aan. 

Wat behels dit?

Dis ’n regstreekse uitsending van sowat ’n uur lank waar jy aanlyn kan gesels met ander Afrikaanse blokraai-entoesiaste. Jy bespreek jou “plek” vir die uitsending deur aanlyn aan te meld sodat jy ’n skakel ontvang. Op die gegewe tyd klik jy op die skakel en die uitsending verskyn op jou skerm.

Wat gebeur tydens die uitsending?

Die programleier – Gerda Engelbrecht, een van Huisgenoot se gereelde blokraai-opstellers – lei die groep om saam-saam ’n paar blokraaie op die skerm in te vul. Tussendeur word daar raad gegee, gesels en sommer lekker gelag. Dis ’n aanlyn gemeenskap van lesers wat almal een ding gemeen het: Hulle is versot op Afrikaanse blokraaie. 

Ek is ’n beginner, ek is bang ek maak my naam krater?

Beginners sal die uitsendings baie waardevol vind, want jy kry 'n kans om by die gesoute invullers te leer. Jy gee ’n antwoord as jy een ken, maar as jy nie die antwoorde ken nie, sit jy terug en vergryp jou aan die blokraai-veterane. Jy kan vir Gerda sien, maar niemand kan jóú sien nie. Wanneer jy gemaklik voel, tik jy jou antwoord in die geselsblok in.

Wat kos dit?

Dis gratis. Jy moet net opdaag deur op ’n skakel te klik.

Wat kan ek wen?

Daar is elke maand lekker pryse op die spel. Die pryse word op sekere leidrade weggesteek. Sommige pryse word in ’n gelukstrekking weggegee. Hierdie maand wen vyf deelnemers elkeen ’n geskenkpak van Van Loveren Java Pinotage ter waarde van R500 elk. Dis ’n puik eikehout-verouderderde pinotage met verleidelike aromas van geroosterde koffiebone en geure van swartbessie en moerbei, wat eindig met ryk sjokolade. Geniet dit saam met rooivleisgeregte soos Osso Bucco, lam, braaivleis, kerrie, voëlwild, rib en bredies.

Waar en wanneer?

Die volgende uitsending is op 3 November om 20:00. 

Jongste uitgawe

2 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees