Is jy op soek na goeie kook- en eetware om te onthaal? HOME etc. is reeds vir 25 jaar een van Suid-Afrika se voorste spesialiteitsverkopers van kombuisware, tuistoebehore en dekor. Hulle bied ’n verskeidenheid hoë gehalte, moet-hê huishoudelike items – en is trots om te kan spog as een van die grootste verskaffers van Maxwell & Williams Designer Homeware in die land.
Jy kan ’n verskeidenheid gewilde handelsname by HOME etc. vind – soos Noritake, Legend, Eetrite, Wilkinson Sword, Victorinox en Russell Hobbs. Hul winkels bied ’n inkopie-ervaring met prentjiemooi uitstallings en vriendelike personeel met goeie kennis van die produkte. Kliëntediens is vir hulle ook eerste prioriteit.
Daar is tans ’n promosie op Maxwell & Williams White Basics: Jy kry 20% afslag as jy enige vier produkte van dié reeks koop. Dié reeks is een van die gewildste eetwarereekse en hierdie praktiese, hoë gehalte eetware sal jou vele kombinasies bied.
Maxwell & Williams Epicurious
Die Maxwell & Williams Epicurious-reeks het ’n wye verskeidenheid oondware wat ontwerp is om etes watertand-lekker te laat lyk.
Hulle meng tradisionele oondware met kontemporêre ontwerpe en elke item in die Epicurious-reeks sal jou inspireer om dit by elke geleentheid te wil gebruik. Die produkte is gemaak van porselein en alle Epicurious-items is oondvas tot 200oC. Daarby kan jy dit in die skottelgoedwasser en die mikrogolf gebruik. Dit is nie geskik vir vries, oop vlamme of direk op die stoof nie.
Van ontspanne familie kuiers tuis tot elegante spogetes, Epicurious maak enige geleentheid spesiaal.
Probeer dié lekker gereg en bederf jouself met die uitmuntende Maxwell & Williams Epicurious-reeks vir moeitelose voorbereiding en bediening.
Blomkool ‘biefstuk’ met chimichurri
Bedien: 4
Voorbereiding: 15 min
Gaarmaaktyd: 40 min
Bestanddele:
1 blomkoolkop, buitenste blare verwyder
250ml (1 k) olyfolie
1 t peper
1 t sout
½ t gerookte paprika
½ t komyn
2 rooi rissies, fyn gekap 1 klein bruin ui, fyn gekap
½ k vars koljander, grof gekap
½ k vars pietersielie, grof gekap
½ klein rooi ui, grof gekap
1 klein groen rissie, grof gekap
2 knoffelhuisies, grof gekap
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180°C.
2. Sny die blomkoolkop in 1.5cm dik snye. Plaas dit in ’n Epicurious vierkantige bak en verf elke stuk met olyfolie. Draai om en verf ook die ander kant. Sprinkel met peper, sout, gerookte paprika en komyn. Plaas in die oond en rooster vir 30-35 minute of tot bruin.
3. Plaas ’n ¼ k olyfolie in ’n klein souspan en verwarm dit oor hoë hitte. Laat dit vir ’n minuut warm word en gooi dan 1 rooi rissie en die bruin ui in. Braai vir 2-3 minute en gebruik dan ’n lepel met gaatjies om dit van die olie te verwyder en op ’n papierhanddoek neer te sit om droog te word.
4. Vir die chimichurri: plaas die koljander, pietersielie, rooi uie, groen rissie, rooirissie, knoffel en oorblywende olyfolie in ’n voedselverwerker en laat dit vir 30 sekondes pols.
5. Verwyder die blomkool uit die oond, drup die chimichurri daaroor en garneer met gebraaide rissie en uie. Sit onmiddellik warm voor.
- Maxwell & Williams is beskikbaar by HOME etc. winkels.