Maak jou omgewingsimpak ligter met ’n ekovriendelike wasmasjien

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Met Samsung se revolusionêre wasmasjiene kan jy die planeet een waslading op ’n slag help beskerm. En koop jy een van Samsung se uitgesoekte wasmasjiene voor die einde van Augustus, kry jy 90 gratis wasse met OMO.
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Kan die skynbaar eindelose taak van wasgoed was ook ’n geleentheid wees om die aarde se hulpbronne te beskerm? Suid-Afrikaners kan dié vraag nou maklik beantwoord met hul omarming van die volhoubare tegnologie aan die hart van Samsung se revolusionêre wasmasjiene, ontwerp om water en krag te bespaar.

As daar in ag geneem word dat die deursneegesin maklik tot 165 ladings wasgoed per jaar was en tot 60 liter water per lading gebruik, dan is die impak van wasgoed op die omgewing beduidend. Bykomend raak die verbruik van krag die planeet en jou sak.

Daarom het Samsung ’n eko-ontwerpproses bekendgestel om sy produkte teenoor ekobewuste standaarde te meet. Die maatskappy is daartoe verbind om innoverende, doeltreffende produkte te ontwikkel wat die minimum impak op die omgewing het want hulle glo die aarde behoort nie die prys vir wasdae te betaal nie.

Die eko-oplossing

Samsung se ekoborrel™-tegnologie is ’n briljante eienskap wat wasdag minder werk maak. Dié tegnologie meng lug, water en wasgoedseep om slim borrels te skep wat jou klere teen koeler temperature was en help om jou kragrekening te verlaag.

Samsung se wasmasjiene het ook ’n digitale wisselmotor, wat verbeterde energiedoeltreffendheid lewer, die minimum geraas maak en langdurende verrigting lewer.

Plus, Samsung is voortdurend besig om duursame produkte en ’n vinnige en maklike herstelproses te ontwikkel. Indien verbruikers produkte langer gebruik, verminder hulle hul impak op die omgewing.

Spesiale aanbod

Samsung en OMO het hande gevat om Samsung se nuutste wasmasjiene en OMO Auto se ongelooflike skoonmaakkrag te kombineer vir ’n naatlose, stresvrye en volhoubare wasdag-ervaring.

Wanneer jy voor die einde van Augustus een van Samsung se geselekteerde wasmasjiene koop, kan jy tot 90 gratis wasse met OMO Auto kry. Dié gewilde jaarlikse promosie is ontwerp om groter waarde te bied en Suid-Afrikaners terselfdertyd bekend te stel aan tegnologie wat daarop toegespits is om ’n volhoubare toekoms vir almal te skep. 

Maak ’n verskil, een bondel wasgoed op ’n slag.

Jongste uitgawe

2 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees