Dankie tog vir die aanhoudende innovasie in die troeteldiergesondheidsdekkingmark. Nie net kan jy nou jou troeteldier verseker teen siekte of ongelukke sodat jy nie onverwags met ’n reuse-veeartsrekening sit nie, maar met Oneplan Pet Insurance kan jy nou ook die voordele geniet van die gehalte gesondheidsorg wat jy vir jouself sou wou hê, vir jou beste dierevriend. So dek jy wagter of kiets se gesondheid, sowel as jou eie gemoedsrus – en jou finansiële toestand!
Oorweeg die volgende voordele van Oneplan Pet Insurance:
- Vir so min as R29 per maand kan jy seker wees dat jy nooit met ’n onverwagse bybetaling geslaan word nie – kies net die Oneplan Excess buster by jou premie.
- Oneplan hou dinge eenvoudig, wat beteken daar is geen sub-beperkings op jou voordele nie.
- Ekstra dekking word ingebou by bestaande voordele. Byvoorbeeld: post-chirurgiese sorg, hondeherbergdekking en begrawe- of verassingsdekking.
- Die Oneplan-app en Onecard laat jou vooraf fondse laai wanneer jy die veearts gaan sien. Laai terugbetalingseise deur die app sonder om papiere te moet indien, en bestuur jou polis en eise maklik deur die app.
- Geniet die voordele van die Oneplan Pet Wellness Tracker (gesondheidsmonitor) in die app. Dis ’n handige stuk gereedskap wat jou herinner aan belangrike jaarlikse veeartsafsprake gebasseer op jou troeteldier se profiel.
- Alle klein honde en katte kan by die versekering aansluit tot en met die ouderdom van 11, medium honde tot en met 10 jaar en groot honde tot 9 jaar.
- Oneplan betaal tot en met R5000 vir ’n veearts deposito na jou Onecard vir ‘n gemagtigde opname, of jy kan gebruik maak van hul veearts netwerk om vooraf-goedkeuring in te dien. Geen deposito sal vereis word as dit eers goedgekeur is nie.
- Dis belangrik om al jou dierekinders te verseker, dus gee hulle 10% afslag op die tweede troeteldier en 15% afslag op premies vir die derde troeteldier.
- Oneplan help jou spaar deur afslag en eksklusiewe toegang tot hul Oneplan Premium Pet Store te gee, want hulle glo voorkomende gesondheidsmaatreëls en premium kos is van uiterste belang vir jou troeteldier se lewensverwagting. Hierdie besparings kan vir jou maandelikse premie gebruik word, wat troeteldierversekering vir jou selfs goedkoper maak.