Ouers, moenie toelaat dat stygende brandstofpryse jou onderkry nie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die digitale-ryklub in die gemeenskapsgedrewe d6 Connect-platform help jou om veilige saamrygeleenthede binne jou skoolgemeenskap te vind. In die proses spaar dit jou boonop baie op hoofpyne en brandstof.

Die d6 Connect-platform is ’n innoverende manier vir ouers met skoolgaande kinders om met mekaar te skakel. Met hierdie platform is daar een minder administrastiewe taak op jou daaglikse lys. Jy kan van skoolritte tot ritte na buitemuurse aktiwiteite met ander ouers te deel.

d6
Foto: Verskaf.

Hoe werk dit?

Ouers wat die app gebruik kan ritte bespreek, aanbied of aanvra. Die app is gemeenskapsgedrewe, wat beteken jy vra ritte aan by mense wat jy waarskynlik reeds ken of deur iemand anders ken. Om die ritoplossing te gebruik, moet beide die skool en die ouers die d6 Connect app gebruik.

Gebruik dit

Maak vandag nog gebruik van die app deur 'n rit te bespreek, aan te bied of aan te vra. Volg die skakel om na die "Saamry" funksie onder "Meer" in die app te gaan. 

d6
Foto: Verskaf.

Die d6 Connect app is in die Google Play store of in die Apple App Store beskikbaar om af te laai. En as jou kind se skool nog nie die app gebruik nie, vra hulle vandag nog daaroor. Jy sal almal in jou skoolgemeenskap ’n guns doen!

d6
Foto: Verskaf.


Jongste uitgawe

2 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees