Raak wiskunde speel-speel baas met ‘Huisgenoot’ se nuwe flitskaarte

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Nou kan jy saam met jou kinders aan wiskunde oefen met Huisgenoot se nuwe flitskaarte vir Gr R - 3.
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Moenie dat Wiskunde ’n kopseer raak nie. Met Huisgenoot se handige Wiskunde-flitskaarte word dit ’n prettige, gesinsvriendelike speletjie wat jou kind se wiskundige vermoëns verbeter én jou gehaltetyd gee met jou kind.

Elke pak bevat twee kaarte van getalle 1 – 12, en een kaart van 0, en van die getalle 13 – 100. Daar is ook kaarte met wiskundebewerkings soos plus, minus, deel, maal, groter as en kleiner as, sowel as ’n gelamineerde horlosiekaart waarmee kinders kan oefen om die tyd te lees.

Die kaarte is nou te koop teen net R165 per pak, en bevat alles wat jy sal nodig hê om jou kind tussen graad R en graad 3 wiskundig uit te daag en die wiskunde spier sterk te hou!

Bestel dit aanlyn by huisgenootwinkel.com, stuur e-pos na koop@huisgenoot.com of kry dit by enige vooraanstaande supermarkte.

Jongste uitgawe

2 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees