Reynardt Hugo en kie vertel: Dís vir wie ons skree tydens die Katar-sokkerwêreldbeker

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Sokker se grootste skouspel skop Sondag af met die gasheerland wat teen Ecuador speel. Volg al die aksie op SuperSport.
DSTV
Foto: Verskaf.

Die begin van die grootste sokkertoernooi van die afgelope vier jaar is om die draai met die FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi 2022 wat in Katar afskop.

Selfs al is jy nie ’n sokkerondersteuner nie, is dit moeilik om die opwinding van die wêreld se bekendste toernooi te ignoreer. Onder dié wat reeds hulle plek bespreek het vir hierdie groot skouspel, is bekendes wat ons deur die jare op DStv leer ken het. Hulle het elkeen hulle eie voorspelling oor wie aan die einde van die toernooi die trofee omhoog gaan hou.

Jarrid Geduld.
Jarrid Geduld. Foto: Verskaf
Irshaad Ally.
Irshaad Ally. Foto: Verskaf

Die FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi 2022 is die grootste sportgebeurtenis wat op SuperSport uitgesaai gaan word met ’n totaal van 64 wedstryde wat tussen 20 November en 18 Desember beslis gaan word. Wedstryde is in 4K beskikbaar en sal in verskillende tale uitgesaai word om dit vir kykers net nog meer genotvol te maak.

Bradley Olivier.
Bradley Olivier. Foto: Verskaf

Die openingswedstryd tussen Ecaudor en Katar begin om 18:00 op Sondag 20 November. Moet dit nie misloop nie!

Ons het ’n paar DStv-bekendes gevra wie hulle ondersteun, waar hulle die openingswedstryd gaan kyk en watter spanne uit Afrika hulle ondersteun.

Waar en saam met wie gaan jy die openingswedstryd kyk?

Reynardt Hugo. Foto: Verskaf
Reynardt Hugo. Foto: Verskaf
  • Reynardt Hugo, “Binnelanders”: Ek gaan dit saam met my beste vriende en mede-akteur Pietie Beyers kyk.
  • Jolene Martin, “Arendsvlei”: Saam met my pa, Joe Martin.
  • Irshaad Ally, “Suidooster”: Saam met vriende iewers in Kampsbaai, Kaapstad.
  • Jarrid Geduld, akteur en regisseur (“Arendsvlei”, “Indemnity”)

Op die oomblik is ek nog nie seker waar en saam met wie ek gaan kyk nie. Al wat ek beslis weet, is dat dit pret sal wees. Ek is opgewonde, want hierdie gaan oor die elite van die elite in die wêreld en ek kan nie wag vir al die lande en nasies wat gaan opdaag as kykers en ondersteuners nie. Ek wens al die spanne die beste toe en kan nie wag vir die eerste afskop nie.

Watter Afrika-land het die beste kans om in die uitspeelrondtes te speel?

Maurice Paige.
Maurice Paige. Foto: Verskaf
  • Reynardt Hugo, “Binnelanders”: Senegal
  • Jarrid Geduld, “Arendsvlei”: Beslis Senegal. Hulle verdediging is goed en hulle het ’n baie sterk middelveld-kombinasie. Hulle het baie potensiaal en ek sien uit daarna om te sien wat hulle kan vermag.
  • Bradley Olivier, “Binnelanders”: Ek ondersteun Senegal ten volle. Dis ’n baie sterk span.
  • Maurice Paige, “Suidooster”: Algerië.
  • Irshaad Ally, “Suidooster”: Hierdie is dalk ’n droom, maar ek hoop elke lewe Afrika-span.
  • Eden Classens,  “Suidooster”:  Ek wens dat al die Afirka-spanne deurdring en presteer, maar Kameroen staan waarskynlik die beste kans.

Wie dink jy gaan die toernooi wen?

Jolene Martin.
Jolene Martin. Foto: Verskaf
  • Reynardt Hugo, “Binnelanders”: Brasilië.
  • Jolene Martin, “Arendsvlei”: Brasilië.
  • Maurice Paige, “Suidooster”: Dis tussen Brasilë, Duitsland en Portugal.
  • Jarrid Geduld, “Arendsvlei”: Sonder twyfel Brasilië. Hulle het reeds vyf keer tevore gewen, is volgens FIFA se ranglys die nommer-1 span in die wêreld en het die afgelope paar jaar uitstekende sokker gespeel. Hulle het ook baie sterk spelers wat almal topfiks is.
  • Bradley Olivier, “Binnelanders”: Ek weet Brasilië is die gunsteling, maar ek ondersteun Argentinië.
  • Irshaad Ally, “Suidooster”: Nederland. Die koning van die Nederlanders! Beslis.
  • Eden Classens,  “Suidooster”: Ek dink Duitsland staan weer ‘n goeie kans asook Frankryk, maar ek het ‘n sagte plekkie vir Portugal as die buiteperd.
 
Wie dink jy gaan die FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi 2022 wen? Daar is net een manier om uit te vind en dit is om al 64 wedstryde op SuperSport – wat beskikbaar is op DStv Compact, Compact Plus en Premium is – te kyk.

Jongste uitgawe

9 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees