Só kan jy wen wanneer jy binne bly en verken met BBC Earth

akkreditasie
Foto verskaf
Foto verskaf
Reis deur die Afrika-vasteland met BBC Earth (DStv-kanaal 184) se jongste natuurgeskiedenisreeks, Seven Worlds, One Planet.

In die laaste episode, wat op Sondag 10 Mei om 16:00 uitgesaai sal word, verskyn van die ongelooflikste Afrika-diere, en jy en jou gesin sal veilig binnenshuis ons vasteland se pragtige wonders kan verken. 

Die reeks Seven Worlds, One Planet – op DStv Catch Up beskikbaar – vertel die verhaal van ons sewe skouspelagtige vastelande en hoe dit die buitengewone dieregedrag en biodiversiteit vorm wat ons vandag sien. 

Miljoene jare gelede het ongelooflike kragte die aarde se kors uiteengeskeur en sewe vastelande geskep. Sir David Attenborough vertel meer van die unieke diere wat oor die wêreld voorkom asook die nuwe uitdagings van die moderne wêreld wat hulle in die gesig staar. 

Nader aan die huis sal jy leer van die Westelike sjimpansees van die Ivoorkus, Malawi se cichlid, die renostervoël in Zambië en die pragtige Afrika-olifant in Zimbabwe. Dan sal jy sien hoe die bruinhiënas in Namibië op die strand kos soek en Suid-Afrika se erdvark besigtig. Wees ook op die uitkyk vir die Temmincks-ietermagog en die jagluiperds in Kenia, en aanskou die laaste twee Noordelike witrenosters op die rand van uitsterwing.

Feite oor die spesies wat vertoon word

  • Bruin hiënas is een van Afrika se skaarsste roofdiere. Op 'n enkele dag kan hulle meer as 30 km stap om kos te soek. Ons besoek hulle en kry 'n voorsmakie van 'n dag in hul lewens in Namibië. 
  • Renostervoëls eet ook oorwas. Wetenskaplikes meen die voëls gebruik bakterieë uit die oorwas om vertering aan te help
  • Jagluiperds is die vinnigste dier ter wêreld. Hulle kan tot 112km/h in net drie sekondes behaal.
  • Die ietermagog, ook bekend as ’n miervreter, is die enigste soogdier ter wêreld wat van kop tot toon met keratienskubbe bedek is (dieselfde as die mense se vingernaels).
  • Sjimpansees gebruik gereedskap om hulle te help om goed gedoen te kry. Hulle kraak neute met klippe oop, vis insekte met stokke uit neste, skuil van die reën deur blare soos sambrele omhoog te hou en gebruik mos soos sponse vir reënwater. 
  • Erdvarke verorber sowat 50 000 miere en termiete in een aand. 
  • Party Afrika-olifantklanke is so laag dat dit onder die omvang van menslike gehoor val. Hulle kan ook meer as 100 verskillende maats op net hul roepgeluide herken. 

Bly binne, verken en WEN

Ontspan, helder jou dag op en kry die kans om ’n databewys ter waarde van R1 000 van BBC Earth te wen om jou al die nuutste vermaak te help Catch Up.

Sê bloot vir ons wat Afrika se skaarsste roofdier is en waar hulle voorkom en sorg dat jy op die episode inskakel om meer te leer.

Besoek  bbcearth.comof volg op  Instagram en Twitterom meer oor die reeks uit te vind.


Kry herhalings op BBC Earth en kyk die hele reeks op DStv Catch Up en DStv Now.

Beantwoord net die vraag: 





Die kompetisie het gesluit. Baie dankie.
Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees