Deel

‘Janu-worry’ is amper hier: Spaar groot op skoolklere by Ackermans

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ackermans School of Value het ’n ongelooflike aanbod vir ouers wat jou R150 spaar vir elke R600 wat jy spandeer!
Ackermans
Foto: Verskaf

Die Ackermans School of Value bied kopers ’n ongelooflike besparing om hul deur die terug-skool-toe Janu-worry maand te kry. Die aanbod is geldig vir alle skoolklere sowel as skryfbehoeftes, skoene en rugsakke en dis eenvoudig: vir elke R600 wat jy spandeer, betaal jy slegs R450. Die aanbod geld vir aankope tot en met R3000, met ’n maksimum besparing van R750.

Begin sommer nou al koop: Klik hier

Bekostigbare gehalte en verskeidenheid

Ackermans glo daaraan om ouers en kinders te ondersteun, daarom word die skoolklere van duursame materiaal gemaak wat min strykwerk vereis om tyd te spaar. Daar is ’n verskeidenheid snitte beskikbaar vir broeke, en Toughees en Buccaneer skoolskoene. Jy kan kies tussen sintetiese skoene of regte leer. Seuns Toughees regte leer skoene se prys begin by R289,95 per paar (groottes 9-1) en dogters Toughees regte leer skoene se prys begin by R259,95 per paar (groottes 9-1).  Ackermans is die eksklusiewe verskaffers van Toughees skoolklere.

Kortmouhemde verkoop vanaf R59,95 elk vir grootte 5-6 en langmouhemde vanaf R79,95 elk vir grootte 5-6.

Hulle bied ook rugsakke met reflekterende materiaal om jou kind meer sigbaar te maak wanneer hulle skool toe en terug stap. Skool rugsakke verkoop vanaf R119,95 elk.

Die karakter kosblikware, wat waterbottels en kosblikke insluit, val onder ’n ander aanbod: koop 3 en spaar R30. 

Hoe dit ook al sy, jy spaar!

Koop aanlyn of in die winkel

As jy nog nie tyd het om winkels toe te gaan nie maar betyds jou kind se skoolklere wil aankoop, koop rustig aanlyn en kies die click & collect-opsie. Tel dan jou pakkie op by die winkel van jou keuse. 

Bepalings en voorwaardes

Hierdie aanbiedings is geldig vir ’n beperkte tyd, terwyl voorraad hou. Die koop R600 en spaar R150 aanbod is net geldig tot by aankope van R3000 en ’n maksimum besparing van R750.

Maak gou! Besoek Ackermans vandag nog en wees skoolgereed wanneer die nuwe jaar aanbreek.


heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

23 Maart 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees