Stroom al die 2022 FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi aksie in asemrowende 4K

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
SuperSport is die enigste platform in Afrika waar sokkeraanhangers al die wêreldbeker-sokkertoernooi aksie lewendig en in 4K kan geniet.
DSTV
Foto: Verskaf.

Op SuperSport kan jy die hele 2022 FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi regstreeks, met hoogtepunte, historiese filmmateriaal en nuus kyk – en dit alles in 4K gehalte, sonder ’n satellietskottel.

Hoe is dit moontlik?

SuperSport sal 4K-gehalte op twee kanale (DStv kanaal 216 en 217) beskikbaar stel. Al 64 wedstryde van die 2022 FIFA Wêreldbeker sal eerste op DStv uitgesaai word.

Wat jy benodig

Om dié besonderse sportervaring te hê, sal kykers die volgende benodig: ’n Explora Ultra-dekodeerder of DStv Streama-stroomtoestel met ’n HDMI-kabel gekonnekteer aan ’n 4K televisie, sowel as ’n DStv Premium, Compact Plus, of Compact intekening.  

Wat as ek nie ’n 4K skerm het nie?

Selfs sonder ’n 4K skerm sal kykers die hoë definisie as standaard kan geniet met die Explora, Explora Ultra, of Streama; met al die fyn besonderhede en gehalte wat ’n mens wil hê vir ’n Wêreldbeker-toernooi waarvoor daar soveel afwagting is.

Selfs meer om te bied

SuperSport sal ook wêreldbekeraksie insluit vir Access- en Family-pakket intekenare (via SuperSport LaLiga, DStv kanaal 204). 19 Groepwedstryde, vier rondes-van-16 kragmetings, twee kwarteindrondes, beide die semi-finaal wedstryde, die kragmeting vir derde plek sowel as die finale wedstryd sal op die kanaal uitgesaai word.  

SuperSport sal die aanbieding versterk met kennervooruitsigte en ontledings, sowel as grafika en programme met inligting oor die spanne se voorbereiding en kykies agter-die-skerms. 

SuperSport het spanne op die toneel in Katar om nuus regstreeks by te werk, veral met die fokus op Afrika se vyf deelnemers: Kameroen, Marokko, Tunisië, Ghana, en Senegal. SuperSport se wêreldbekeraanbieding sal ook beskikbaar wees in verskeie tale, volgens streek:  

  • Nigerië: Engels, Pidgin, Yoruba, Hausa en Igbo.
  • Ethiopië: Amharic, Engels.
  • Maximo: Portugees, Engels.
  • Suid-Afrika: Engels, Zoeloe, Setswana, Sotho, Portugees.
  • Res van Afrika: Engels, Swahili, Sheng, Twi, Luganda.

Die nuusankers van die regstreekse wedstryde is die goed-gevestigde trio Julia Stuart, Thomas Mlambo en Mozez Praiz. Die oudster van Manchester United, Dwight Yorke sowel as Carol Tshabalala sal agter die mikrofone in Katar wees.  

SuperSport sal ook regstreekse wedstrydanalises doen met Bongani Khumalo, Stanton Fredericks, Kalusha Bwalya, Phumudzo Manenzhe, Teko Modise en Amanda Dlamini. Internasionale gaste sluit ’n klomp oudsterre in uit Afrika en Europa: Jay Jay Okocha, Asamoah Gyan, Gaizka Mendieta, Owen Hargreaves, Michael Owen en Jaap Stam.

Die 4K-gehalte stromingsdiens is dalk ’n eerste, maar moenie dink die res van die digitale landskap word afgeskeep nie. SuperSport sal saam met verskeie internasionale sosiale platforms werk sowel as FIFA se eie span om aanhangers binne-in die toernooi te plaas soos nog nooit tevore nie. Dekking sal strek vanaf die aantrekkamers al die pad tot agter-die-skerm dekking by SuperSport se Randburg studios.

Waarom 4K?

Eenvoudig gestel het 4K beeld agt keer die resolusie – vier keer die detail – van die hoë definisie (HD) beeld waaraan DStv kykers gewoond is. In vergelyking het HD dubbel die resolusie van standaar resolusie (SD) uitsendings wat kykers tot 2012 gebruik het, toe DStv die eerste keer HD kanale bekend gestel het.  

Die kombinasie van 4K beeld en die DStv Streama is opwindend, want dit beteken sokkeraanhangers kan al 64 wedstryde geniet sonder ’n satellietskottel of installasie, vir die eerste keer ooit.  Die DStv Streama is ’n TV-stroomboks wat inhoud van DStv en ’n klomp ander toepassings soos Showmax, Disney+, Prime Video, YouTube en YouTube Kids na ’n versoenbare TV stuur deur ’n vinnige, stabiele internetverbinding.

DStv klante kan nou toegang kry tot dié verbinding met DStv Internet, wat onbeperkte, ongevormde(unshaped) veselverbinding verskaf om die voordele van die Explora en Explora Ultra te verhoog, die Streama bruikbaar te maak en om gebruikers met die wêreld te verbind.

Maak seker jy het alles wat jy nodig het om die aksie te geniet

Of jy nou mal is oor Messi of Mané; skree vir Ronaldo of Rodrygo of ’n aanhanger is van Saka of Suárez, die beste manier om al jou gunstelinge te sien is met DStv.

Stroom die FIFA Wêreld-sokkertoernooi op DStv, en kry jou DStv Streama hier.

Volg DStv vir nuus op Twitter, Instagram en Facebook  

Jongste uitgawe

2 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees