book-icon Uitgawe 26 September 2019

Harissa-varkboudkebabs

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Harissa-varkboudkebabs. Foto: Jacques Stander
Harissa-varkboudkebabs. Foto: Jacques Stander
Bereidingstyd: 15 min.
Porsies: 4-6
Gaarmaaktyd: 15-20 min.
Bestanddele
  • 600-750 g - ontbeende ­varkboud, in blokke gesny
  • 1 - rooi-ui, in wiggies gesny en met die lobbe losgebreek
  • Marinade -
  • 30 ml (2 e) - harissapasta
  • 60 ml (¼ k) - mayonnaise
  • 60 ml (¼ k) - olyfolie
  • 45 ml (3 e) - suurlemoensap
  • Vir voorsit -
  • - sout en gemaalde peper
  • 60 ml (¼ k) - pietersielie, fyngekap
  • 4-6 - mielies, gekook tot gaar en oor die kole gebraai
Metode

1. Week 4-6 kebabstokkies minstens 30 min. in kookwater. 

2. Haal die kebabstokkies uit die water. Ryg die varkblokkies en uielobbe om die beurt aan die stokkies en pak in 'n niemetaalbak.

3. Marinade: Meng al die bestanddele goed en smeer oor die kebabs. Laat minstens 2-3 uur of oornag in die yskas marineer.

4. Braai: Maak 'n vuur met genoeg kole. Plaas ’n staander in die kole. Haal die kebabs uit die marinade en pak op 'n toeknyprooster. Braai 15-­20 min. oor matige kole of tot gaar soos verkies.

5. Vir voorsit: Geur die kebabs met die sout en peper. Sprinkel die pietersielie oor en sit voor saam met die mielies.

 Vir nog heerlike varkvleisresepte, gaan na www.sapork.co.za.

  • Op soek na nuwe idees vir ontbyt, middag- en aandete? Bederf jou gesin met ‘Huisgenoot’ se heerlikste resepte. Teken nou in vir Huisgenoot Wenresepte” . Jou weeklikse resepte, alles op een plek. 
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in

Jongste uitgawe

30 Junie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees