As daar een ding is waarsonder dit moeilik is om klaar te kom, is dit betroubare jeans. Maak nie saak wat jou styl is nie, ’n jeans is nooit ’n slegte idee nie. Dit is perfek vir enige geleentheid of enige seisoen.
Met Ackermans se Perfect Fit-denimreeks is daar geen rede waarom jy nie die perfekte paar jeans sal vind wat by jou styl en lyf pas nie – en dit boonop teen ’n goeie prys. Hier is drie maniere waarom die Perfect Fit-reeks vir jou gemaak is.
Style
Dié reeks spog met nuwe style soos die wyepyp en die reguitpyp. Daar is ook culottes, noupassende jeans, ma-jeans en saklose spanbroeke.
Groottes
Nou hoef jy nie meer bekommerd te wees dat jou grootte nie beskikbaar is nie, want Ackermans se Perfect Fit-denims gaan tot by ’n nommer 50.
Bekostigbaar
Die betroubare, klassieke en tydlose denims is beskikbaar vanaf slegs R159,95. Kies gemak met Ackermans se Perfect Fit-denimreeks. Kry jou styl in enige grootte, teen die beste prys.
Koop dit aanlyn of loer sommer vandag by een van hul winkels in.