Wen een van 6 luukse geskenkpakke met Caribbeantan

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Elke geskenkpak van Caribbeantan is R1000 werd – en dié luukse bederfproduk is nou ook by Woolworths se aanlyn winkel beskikbaar. Vind meer uit oor hoe om dit aan te wend en skryf in om dalk ’n geskenkpak te wen.

Caribbeantan help jou binne minute vir ’n groot of spesiale geleentheid voor te berei. Hetsy dit gewone dae op kantoor is of selfs op die strand met vriende is, kan jy altyd op jou beste lyk.

Watookal die geleentheid, met Caribbeantan se reeks kitsverbronsers kan jy binne minute spog met ’n foutlose, glansende gelaat.  

Verby is die dae van kommernisse oor rooigebrande vel of die ongewensde sonskade. Sonbeddens is ook iets van die verlede as jy Caribbeantan in die hande kry. Carribeantan bied ’n groot verskeidenheid produkte wat die natuurlike velkleur komplimenteer. Van produkte wat jou vel in ’n kits verbrons tot produkte wat kleur mettertyd ontwikkel, hier’s iets vir almal. 

Hier is ’n paar wenke oor hoe om dié produkte reg te gebruik

Caribbeantan
Foto: Verskaf.

1. Onthou altyd om jou vel voor te berei

Caribbeantan se luukse Cinnamon & Coconut Skin Smoothing Exfolia is die ideale produk vir ’n egalige gebronsde vel.

Dit verwyder dooie selle van die veloppervlak en maak jou vel sag en glad, wat verseker die verbruiner word egalig aangewend.

Caribbeantan beveel aan dat jy die Exfolia minstens ses ure voor jy die verbruiner aanwend, gebruik. Of nog beter – gebruik dit die vorige dag.  

2. Kies die regte produk vir jou vel 

Met Carribeantan kan jy self bepaal watter hoe lig of donker jy jou vel wil verbrons. As jy blitsig moet voorberei vir ’n geleentheid, beveel hulle die volgende produkte aan: Tan In A Can Instant en Tanning Spritzer sowel as Caribbeantan se afwasbare-verbronser, wat die Instant Body Bronzer Lotion en die Tinted Body Bronzer Shimmer Cream insluit.

Caribbeantan se kitsverbronser is dadelik sigbaar. Dit te danke aan die bruin kleurmiddel wat sorg dat verandering aan die vel dadelik gesien kan word. Wees versigtig as jy die produk vir die eerste keer gebruik. Met die dat die produk se pigmentasie vinnig vatbaar is, kan dit veroorsaak dat areas wat gemis word, nie dadelik raakgesien word nie.

Onthou ook altyd om die regte skakering vir jou velkleur te kies. Maak gebruik van Caribbeantan se handige ABC Shade Guide.

3. Die perfekte kleur voor ’n spesiale geleentheid

As jy ’n bietjie kleur en glans op jou vel wil hê vir ’n spesiale geleentheid, beveel Caribbeantan hul Tan In A Can Instant Self Tan produk aan. Die spuitkan-aanwending sorg vir ’n egalige, gladde afwerking. Hierdie metode verhoed ook dat daar kolle of vlekke op die vel voorkom.

Caribbeantan se Tan In A Can is perfek vir spesiale geleenthede, want met die regte kleur, is jy 'n natuurlik voorkoms verseker. Spuit eenvoudig die produk op die area wat waar jy bronser vel wil hê, en vryf dit in sirkelbewegings in met die Caribbeantan Tan Application Mitt. Sien hoe jou vel met elke spuitjie voor jou oë verdiep.

Dié selfverbronser is ook nuttig vir groentjies, want die blikkie maak dit makliker om moeilike areas te bereik, kan opgebou word in lae vir ’n verdiepte kleur, voed die vel en gee ’n algehele egalige sonverbruinde voorkoms wat binne minute sigbaar en droog is.

Vir meer beheer oor die verbruining van jou vel beveel hulle die Tanning Spritzer Instant Self Tan aan. Spuit die produk oor jou liggaan en vryf dit met sirkelbewegings in. Jy kan hiervoor ook die Caribbeantan Tan Application Mitt gebruik.

Een spuit verbrons dadelik die vel en laat jou met ’n natuurlike, sagte glansryke voorkoms te danke aan die Aloe Ferox Gel daarin. Die produk word binne 5 minute droog, terwyl die verbronser se kleur verder ontwikkel oor die volgende 8- 12 ure.

Dié produk is gepas vir beginners óf selfs diegene wat al ’n ou hand met ’n verbronser is. Tanning Spritzer Instant Self Tan is ook lekker om kontoere op die lyf te skep en help jou om op jou allerbeste te lyk. 

Met die spaarsamige gebruik van die produk, kan dit tot en met 10 dae hou. As jy gereeld verbruiner aanwend en die kleur voor ’n geleentheid wil verdiep, beveel Caribbeantan die vinnige en maklike Instant Body Bronzer Lotion aan. Gebruik hul aanwendingshandskoen om dit egalig aan te wend.

Die Instant Body Bronzer Lotion kan ook gebruik word om jou gebronsde velkleur te handhaaf tussen-in selfbruiningsessies.

Vir ekstra glans, gebruik die Caribbeantan Tinted Body Bronzer Shimmer Cream. Daar is net die regte hoeveelheid klein blinkertjies in om jou in ’n goue godin om te tower.

Die Tinted Body Bronzer Shimmer Cream kan bo-oor die ander produkte aangewend word of op sy eie om jou natuurlike velkleur te verdiep. Beide die verbronsers sal afwas in die stort, wat dit ideaal maak om jou natuurlike velkleur te verhef vir.

Koop dit

Caribbeantan se revolusionêre selfverbruiningsformule lewer dadelik ’n sigbare bronser vel, maar gee jou steeds al die beheer om die verlangde effek en kleur te bepaal. Dis perfek om jou voorkoms binne minute tot songodin te verhef.

Watookal die geleentheid, of jy al lankal die produkte gebruik of nou eers begin, weet net dis maklik om te lyk of jy al heel vakansie op die strand lê – sonder die sonskade! Alle oë sal op jou wees. Daarby is dit nou aanlyn by Woolworths beskikbaar vir ekstra gerief. 

Kry Caribbeantan ook by Clicks, Dis-Chem, SkinMiles, Superbalist, Takealot, of koop dit aanlyn by House Of Cosmetics en Caribbeantan Online. Nou kan jy uitsien na die sonskyn dae!

Wen

Om in te skryf, antwoord die kompetisievraag hier onder en vul jou besonderhede in. Bepalings en voorwaardes geld. Daar sal ses wenners gekies word wat elk ’n Caribbeantan-geskenkpak van R1 000 sal wen. 

Die kompetisie het gesluit. Baie dankie.
Jongste uitgawe

9 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees