Droom jy van ’n heerlike eiland-avontuur? Guess se jongste denimreeks is vol eksotiese invloede wat sommer die reisgogga sal aanwakker. Die modern denim-ontwerpe is uitsonderlik, vroulik en vleiend – en nou staan jy selfs ’n kans om twee luukse sakke uit die versameling te wen.
Die versameling het drie groot temas. Kyk hier watter een jou die beste sal pas.
Die poëtiese reisiger
Droom jy van sonnige dae? Dié stukke is sorgvry en romanties, met gedrapeerde, vloeiende lap gekombineer met verskillende teksture en wisselende fokuspunte wat deur seisoene sal mooi bly.
Dit beklemtoon pragtige, vroulike silhoeëtte met ’n moderne, dromerige sagtheid en somergevoel wat ook prakties is en is maklik om te dra. Die rokke is perfek vir formeel of informele geleenthede. Die sagte kleure en blompatrone is gepas vir ’n vrou op pad na haar volgende avontuur.
Die dagdromer
Dié tema sal jou reislus behoorlik aanwakker. Hierdie versameling met sy kontemporêre silhoeëtte is die perfekte uitrusting. Die uiters swierige materiale en gekleurde kant sal sorg dat jy die koppe behoorlik laat draai.
Die pastelkleure gekombineer met blom- en tropiese patrone, skep ’n sjiek, moderne en eksotiese aanlokliheid.
Tropiese storm
Wanneer jy by ’n vertrek instap met ’n item uit die versameling, sal jy nie sommer maklik vergeet word nie. Skoon lyne word gekombineer met ’n prettige, ontspanne elegansie sodat dié uitrustings ideaal is vir eksotiese eilandvakansies.
Koop die nuwe lenteversameling in winkels of aanlyn by guess.co.za. Volg GUESS op Facebook en Instagram.
Wen
Twee Huisgenoot lesers sal elk kan spog met ’n aanloklike Guess sak van GUESS SA wen. GUESS SA is ’n deel van FrontierCo.
Die een prys is ’n Latte-bruin Noelle oorkruis-kamerasak ter waarde van R1499.
Dié sak is boksvormig met geronde hoeke en ’n bonkige, bronskleurige ketting. Dit is die toonbeeld van Europese elegansie en pas perfek by denim, ’n kraakvars wit hemp en bruin leerskoene. ’n Ritssluiter om die flap steek bêreplekke weg en ’n groot GUESS bronskleurige logo sit so tikkie luuksheid by.
Die ander handsak wat gewen kan word is ’n kunsleerhandsak in sjiek taankleur met goue afwerkings. Klassieke metaal detail aan die voorkant gepaard met die goue Guess-logo voorop en ’n verwyderbare logo aan die basis van die handvatsel maak die handsak stylvol dog eenvoudig.
Dis die toonbeeld van modieus – eg stylvol. Dié sak is R1699 werd.
Om in te skryf, beantwoord die kompetisievraag korrek en vul jou besonderhede in.