Wen ’n draagbare swembad ter waarde van R9 850 – net betyds vir somer!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Verwelkom die somer in styl met ’n draagbare swembad van Binlaanie. Skryf vir die kompetisie in en wen dalk ’n trots Suid-Afrikaanse draagbare swembad.
Binlaanie
Foto: Verskaf

Binlaanie Portable Pools is ’n gesinsonderneming in die hartjie van die Kaapse Wynlande. Hulle bied ’n unieke, sterk en kostedoeltreffende alternatief tot konvensionele plastiek- en duur ingeboude swembaddens. Dit is ideaal vir ’n landgoedleefstyl of waar tuinruimte beperk is.

Die swembad is stewig, sterk en skuifbaar en boonop sal dit baie jare hou. Binlaanie is vol vertroue dit sal die laaste draagbare swembad wees wat jy koop.

Die Binlaanie-idee het ontstaan uit die kratte en voerings wat algemeen in die wynbedryf in Stellenbosch gebruik word. Die swembaddens word van behandelde dennehout gemaak, met gegalvaniseerde staalhoeke versterk en met 3 mm duursame plastiek uitgevoer.

’n Binlaanie kan 880 liter water hou en meer as 1 500 kg steun. Drie lae Woodoc 50 Marine-vernis sal die reën in die winter afhou as die swembad buite gelos word.

Jy sal die 330 gelling/h- (1 249 liter-) Intex-swembadpomp vir net ’n uur ná elke gebruik hoef te laat loop en jou water sal maande hou.

Hou ongewenste vreemde voorwerpe uit met die dik, duursame deksel wat jou Binlaanie-water die ekstra beskerming bied wat dit nodig het.

Daar is nóg goeie nuus. Jy hoef jou swembad nie by die huis te los nie. Vat dit saam met jou op vakansie, want dit pas perfek agter op ’n bakkie.

Verhit die water met ’n dompelbare verwarmer wanneer dit koud is buite of gebruik dit as ’n ysbad vir hersteltyd ná ’n strawwe oefensessie. Wees laanie en kry ’n Binlaanie!

Mates

  • Lengte: 1 300 mm
  • Breedte: 1 100 mm
  • Hoogte: 900 mm (740 mm sonder wiele)
  • Binnediepte: 600 mm

 

Spesiale aanbod

  • Trek voordeel uit ons spesiale 20% afslag tot einde Oktober 2021.
  • Main Laanie-eenheid (wiele uitgesluit) te koop vir R6 550 BTW ingesluit, koerierkoste uitgesluit
  • Duk Laanie-eenheid (met wiele) te koop vir R8 550 BTW ingesluit, koerierkoste uitgesluit

Let wel: Lewertyd van twee weke vanaf besteldatum. ’n Deposito van 60% verseker jou bestelling. Oorblywende betaling voor aflewering. Aflewering landwyd met ITT-koeriers.

Kontak Binlaanie op Facebook, Instagram of YouTube vir nog inligting.

Kompetisie

’n Gelukkige leser kan ’n volledige Binlaanie Portable Pool Duk Laanie-eenheid (die een met wiele) ter waarde van R9 850 wen.

Skryf so in: Voltooi die vorm en beantwoord die vraag onder.

Wenk
Onthou om “+27” voor jou selfoonnommer te plaas en die “0” te laat wegval. Bv. +27 83 321...
Die kompetisie het gesluit. Baie dankie.
Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees