Só kan jy ’n vakansie na Istanbul wen wanneer jy Turkse telenovelles kyk

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Is jy mal oor Turkse drama? Droom jy van ’n reis deur Turkye? Skryf nou in vir eExtra en Openview se Kuiertyd-kompetisie!
ETV
Foto: verskaf.

Maak jou drome ’n werklikheid met hierdie opwindende kompetisie vir aanhangers van eExtra en Openview se Kuiertyd – die tydgleuf tussen 18:30 en 22:30 waarin Turkse dramas op weeksaande wys. ’n Droomvakansie na Istanbul in Turkye is op die spel, met vlugte, luukse verblyf, toere en vervoer ingesluit vir dié ervaring van een van die mooiste stede in die wêreld.

Al wat jy moet doen om in te skryf, is jou gunstelingkarakters identifiseer soos hulle op die skerm verskyn in enige van die Turkse dramas Elif, Dokter Ali, Fenix, Kruispad, Die Put, en ander wat in die Kuiertyd-tydgleuf wys. Volg die aanwysings op die skerm en SMS die drama se naam en die karakternaam na 33103 (standaard-SMS-tariewe geld).

Verdeelde Liefde is een van die dramas wat op eExtra se Kuiertyd te sien is, en dit sal die hartsnare roer.  

Zeynep kom uit ’n familie met min geleenthede. Haar pa het in alkoholisme verval en haar ma se gesondheid het verswak ná haar broer se dood. Haar geluk draai egter toe die familie by wie haar ma as huishulp werk aanbied om Zeynep aan te neem. Haar ouers stem in met die hoop dat sy ’n beter toekoms sal hê. Een waar sy sal leer, versorg word en liefde ontvang, omring deur weelde en mooi dinge. 

Maar die lewe is nooit eenvoudig nie. Hoewel Zeynep grootword as opgevoede vrou en verloof raak aan haar droomman, voel sy nooit dat sy werklik in dié swierige wêreld hoort nie. Haar sprokie kom tot ’n skokkende einde toe haar biologiese ma onverwags opdaag met die doel om haar terug te neem na waar sy vandaan kom. 

Verdeelde Liefde is vol drama, liefde en geheime wat wag om verklap. Dié telenovelle is weeksaande op eExtra te sien. 

Kuiertyd op eExtra se program is volgepak met Turkse telenovelles wat oorgeklank is in Afrikaans.  Hier gaan jy passie, romanse, drama en spanning alles op een plek vind! Kuiertyd is beskikbaar op Openview eExtra elke weeksaand tussen 18:30 en 22:30. Kyk na gunstelinge soos Elif, Dr Ali, Kruispad, Die Put, #DisComplicated, en vele meer.  

  • Die kompetisie sluit 2 September 2022, so jy moet spring – maak sommer reg om vanaand nog voor die kassie in te skuif. Besoek Open View vir bepalings en voorwaardes.
Jongste uitgawe

9 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees