Wen ’n wegbreek na die asemrowende Sun City ter waarde van R52 550

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Skryf in vir ons kompetisie en staan die kans om twee nagte se verblyf en aktiwiteite vir twee by Sun City te wen. Danksy die gematigde weer van die omgewing is dit die perfekte bestemming vir ’n lentewegbreek.

Sun City
Sun City

Of jy aktief is en van sport hou, ’n avontuurlustige adrenalienverslaafde is of dit bloot geniet om in die natuur te ontspan, Sun City het die perfekte ervaring vir jou.

Dis die ideale oord om jou batterye vir die res van die jaar met ’n middel-van-die-week-blaaskans te herlaai, terwyl spesiale aanbiedings jou hart sommer in ’n japtrap warm sal maak.

’n Warmlugballon-safari in die Pilanesberg Nasiona
’n Warmlugballon-safari in die Pilanesberg Nasionale Park.

Natuurliefhebbers kan die Pilanesberg Nasionale Park – sowat ’n uur se ry vanaf die oord – besoek om die Groot Vyf asook jagluiperds en wildehonde te sien.

Ervare gidse sal jou op ’n oop safari-voertuig of warmlugballon-safari neem, of jy kan die bos te voet saam met ’n spoorsnyer verken.

Driewielfietse genoem “drift trikes” sorg vir hope
Driewielfietse genoem “drift trikes” sorg vir hope pret.

Die weer hier is ook warm genoeg vir watersport by die Waterworld. Of jy kan bloot rustig deur Sun City se lieflike tropiese reënwoude en verskeie natuurlike inheemse landskappe – die tuiste van verskeie voëls, bokkies en apies – stap.

Jy kan aktief bly op die talle drafpaadjies, of ’n stel of twee tennis, op die bane wat met spreiligte verlig word, geniet.

Vir die gholfspelers is daar die Gary Player-gholfbaan met sy 18 putjies en baansyfer van 72, asook die Lost City-gholfbaan, bekend vir lewende Nyl-krokodille by die 13de putjie.

 Afriganza
Segaetsho Cultural Village.

Adrenaliensoekers sal mal wees oor die buitemuurse aktiwiteite wat insluit driewielfietse genoem “drift trikes”, teikenskiet en vierwielmotorfietse.

Vir helder ligte en vermaak kan jy die Soho Hotel besoek. Dis die tuiste van die casino, met honderde opwindende dobbelmasjiene en meer as 40 tafels vir roulette, blackjack, poker, baccarat en punto banco. Die casino het ook verskeie promosie-aanbiedings.

Ontspan by die Gatsby Spa.

Maak nie saak of jy ’n onvergeetlike vakansie saam met die belangrikste persoon in jou lewe of saam met jou gesin wil geniet nie, of bloot van die roetine van die kantoor wil ontsnap nie, Sun City bied vir jou die perfekte wegbreekkans!

Selfs al wen jy nie, kan jy steeds spaar! Huisgenoot-lesers kan tot 40% afslag kry op verblyf in die middel van die week by Sun City as jy ’n bespreking via Sun International doen.


Malto, ’n Griekse-styl restaurant
Maltos, ’n Griekse-styl restaurant

Die prys sluit in:
  1. Drie nagte se verblyf vir twee in ’n junior suite by The Palace ter waarde van R38 700 (ontbyt ingesluit).
  2. ’n Warmlugballon-safari vir twee in die Pilanesberg Nasionale Park ter waarde van R10 000.
  3. ’n Spabederf ter waarde van R1 000 vir ’n massering vir twee by die indrukwekkende Sun City Resort se Gatsby Spa.
  4. ’n Teikenskiet-en-drift trike-avontuur saam met Adrenaline Extreme ter waarde van R500.
  5. ’n R500-eetkoepon van die Hard Rock Café Sun City. Geniet hul Legendary®-burger saam met ’n plaaslike boetiekbier of ’n kleurryke mengeldrankie.
  6. ’n R500-eetkoepon by Malto, ’n Griekse-styl restaurant by die Cascades Hotel.
  7. ’n R500-eetkoepon van Casa Bella by Sun Central, met Italiaanse geregte soos ’n tuisgemaakte pizza in ’n hout-pizza-oond, pasta en braaigeregte.
  8. ’n R500-eetkoepon van die Shebeen vir ’n outentieke kasi-styl (straatkos-) ervaring. Speel ’n rondte snoeker terwyl julle ’n koue bier drink of sit om ’n groot vuur terwyl julle smul aan braaivleis en ander Suid-Afrikaanse gunstelinge.
  9. ’n R200-bewys om die Afriganza-musiek-en-dansvertoning by die Segaetsho- kulturele dorp te gaan kyk, plus ’n handgemaakte geskenk ter waarde van R150.
Wen

Een gelukkige leser kan ’n blaaskans vir twee in die middel van die week ter waarde van R52 550 wen.

Om aan die kompetisie deel te neem, beantwoord bloot die volgende vraag onderaan die storie.

Wenk
Onthou om “+27” voor jou selfoonnommer te plaas en die “0” te laat wegval. Bv. +27 83 321...

Die kompetisie het gesluit. Baie dankie.
Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees