Barend, die barbaar, was genadeloos en naar. Dis nogal erg vir ’n seuntjie van net sewe. Ja-nee, hy voer ’n skrikbewind: Hy trek meisies se hare of vryf modder in hul hare, hy besmeer die skoolhoof se spoggerige motor en laat selfs eenkeer sy juffrou huil.
Die laaitie kap net aan. Al die reëls is na die maan. Ja, Barend voer nog steeds ’n skrikbewind.
Barend raak net ál erger, maar toe op ’n dag verander alles en hy word so mak soos ’n lam. Wat het gebeur dat die wildewragtag sy aapstreke skielik los?