Voor in Blydskap gebruik hy dié aanhaling: “Blydskap is eenvoudig, maar eenvoud is baie moeilik.”
So hoe moet ’n mens dan maak om blydskap te ervaar?
“Die afgelope 20 jaar is daar ’n wetenskap genaamd die positiewe sielkunde wat dit sy taak maak om die fenomeen van blydskap wetenskaplik te ondersoek. Hul vernaamste bevinding is: ’n Suksesvolle lewe gaan jou nie help om gelukkiger te wees nie. ’n Gelukkige lewe gaan jou help om meer suksesvol te wees.