Dié 28 lekkerleesverhale gaan oor die oomblik wanneer twee mense mekaar vir die eerste keer ontmoet. Jy ontmoet hier interessante karakters soos: Devon Daniels kry nie rigting ná matriek nie, en sy ma, “die networking queen”, kry vir hom werk in die mall.
“Voor hy kon sê ‘Maar voete gross my uit’, was hy reeds in die grilgroen hempie met die Shoe Magic-logo op.” Drie weke lank verveel hy hom morsdood – tot ’n meisie in ’n rolstoel kom pienk tekkies soek.