Die gewilde krimiskrywer Irma Venter se negende roman gaan haar volgelinge baie bly maak – én nuwe lesers lok. Ons het haar ’n paar vrae gevra om agter die kap van haar skerp byl te kom.
Die aanhaling kom uit ’n wonderlike artikel in die New York Times oor die sangeres Sinéad O’Connor. Dit handel oor hoe mense dikwels as laf en mal afgemaak word as ’n manier om hulle stil te kry. Hoe die term “mal” as ’n kulturele wapen ontwikkel is, veral met verwysing na vroue.
In alle eerlikheid? Ek het hierdie storie gedroom – van begin tot einde. Toe ek wakker word, het ek opgespring en dit neergeskryf. So iets het nog nooit met my gebeur nie. Miskien, as jy lank genoeg in die Muses se diens staan, beloon hulle jou. Wie weet?