Fundani Makeba woon in Khayelitsha, hou nie van honde nie omdat een al sy kuit probeer “herontwerp” het (“Kon hy nie sien ’n pakkie tjips is gevaarliker as ek nie?”), en word reg aan die begin van die storie deur ’n vreemde voël uit die lugruim platgeduik.
Sandria Potgieter word saam met Vincent ingedeel vir die klas se “verrykingsprojek”, sy hou van nuwe dinge, maar leer stadig, kan skilder soos Van Gogh-in-’n-frenzy, maar sien nie uit na die kunskompetisie nie, al is die prysgeld R50 000.