“Sy is ’n vaal meisie, inkennig en bleek, sê net die nodigste en lyk soos ’n vismot wat pas uit ’n Bybel ontsnap het: melerig en senuagtig.”
“Soos ’n skerp mes wat in vuil skottelgoedwater op jou niksvermoedende hand wag, só is sus Sophié. Slaan alewig toe wanneer ’n mens dit die minste verwag, wanneer jy op jou weerloosste is.”
Dis sulke ryk beeldspraak wat ’n mens ’n paragraaf weer laat lees in Gerda Taljaard se Vier susters wat pas bekroon is met die kykNET-Rapportprys vir fiksie. (Sy het in 2018 die kykNET-Rapport-filmprys ontvang vir Die laksman se dogter.)