’n Groot klomp inskrywings is ontvang vir die Jakes Gerwel-stigting se Kommadagga-kortverhaalslypskool wat in Oktober in Paulet-huis op Somerset-Oos aangebied word. Vyf kandidate is eindelik aangewys om drie weke hier deur te bring terwyl hulle aan hul skryfwerk slyp.
“Uit dié vyf foto’s met vyf name gaan binnekort hande vol stories ontpop, elk met ’n eie hartklop en naam,” vertel die bekende skrywer Rachelle Greeff, die sameroeper van die skryfskool.
“Dit sal te danke wees aan Paulet-huis waar ‘dié vyf foto’s’ in Oktober stapels stories van oraloor gaan lees en bepraat, maar veral gaan leer hoe om met eie verbeelding en woorde self stories te skryf.