Die kinderboekskrywer Alba Bouwer sou vanjaar 100 jaar oud geword het, en om dit te vier, is ’n beperkte oplaag van Rivierplaas heruitgegee. Hierin is Stories van Rivierplaas, Nuwe Stories van Rivierplaas en Stories van Ruyswyck.
Ironies genoeg het sy, wat kinders se verbeelding so kon gaande maak met haar stories, nooit self kinders gehad nie, wel sewe stiefkinders.
Sy was self ’n stiefkind, en as jy hieroor nalees, kom jy af op ’n baie hartseer stuk geskiedenis: Haar lewe het goed en interessant begin toe sy te vroeg gebore is op haar ouers se plaas op Vredefort in die Vrystaat.