Ivor Swartz verskyn soos ’n blink lig op die skryftoneel met sy eerste boek, Die verlore seun van die Gaatjie.
Dit is sy lewensverhaal: Die slim seuntjie wat daarvan droom om ’n dokter te word. Maar in sy tienerjare word hy ’n slagoffer van sy omstandighede: die armoede, die pa “wat gaan brood koop” (dit word gesê van pa’s wat net op ’n dag verdwyn), verkeerde maats saam met wie hy een van die buurt se gevreesde skollies word.
Hy beland in die tronk. In die vyf jaar wat hy daar sit, skryf hy matriek. Sedert sy vrylating in 2005 het “die verlore seun” teologie gaan studeer, en vandag is hy ’n jeugpredikant in Pretoria. Hy is getroud met Nadine, “die heel grootste geskenk wat God vir my gegee het”.