In die joernalis Julian Jansen se nuutste boek is “12 verhale van jaloesie, wellus, woede, luiheid en gierigheid”. Hulle speel almal af op die pragtige universiteitsdorp wat internasionaal bekend is vir sy wyn, ’n plek waar “Suid-Afrika se sakeadel, geleerde professore en studente wat bestem is vir groot dinge” woon.
Maar hier het ook van die land se opspraakwekkendste moorde plaasgevind, soos die twee studentemeisies wat wreedaardig dood is, Inge Lotz en Hannah Cornelius; Henry van Breda wat sy pa, ma en broer doodslaan; Susan Rohde, wie se man haar dood soos selfmoord laat lyk.
Maar, vertel Julian my, hy het in sy navorsing afgekom op Eikestadmoorde wat nooit die nuus gehaal het nie.