Huis Madeliefie is weer in rep en roer toe van die inwoners deurloop onder die slinkse Jafel Davel. Dié het van hulle oorreed om hul kosbare pensioengeld by hom te belê.
Om die waarheid te sê, hulle was nie die enigstes wat vir sy slimstories geval het nie – daar is ook slagoffers in Huis Westergloor in die Paarl, Huis Herfsblaar op Worcester, Huis Najaarsrus in Bellville, en so gaan die lys aan en aan tot in die Noord-Kaap en die Weskus.
Rudie van Rensburg se vierde Hans-verhaal is ’n plesier van begin tot einde, maar dis nie al wat die afgelope 12 maande oor sy pad gekom het nie. Monster het in Mei verskyn en Hans hou sy lyf Sherlock in Julie.