‘Op ’n mooi dag’: ’n Epiese Kaapse raaisel om te lees

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
'n Pennevrug deur 'n gesoute woordsmit sorg vir uitstekende leesgenot.
Irna van Zyl
Irna van Zyl. Foto: Facebook.

Op ’n mooi dag: Deur Irna van Zyl (Penguin, R249*)

Dit is vir seker die eerste keer dat dit gebeur: ’n Lesbiese paar­tjie is die hoofkarakters in ’n Afrikaanse krimi.

Die storie spring weg met Louw Roodt die dag voor haar laaste matriekvraestel. Haar pelle is almal strand toe, maar “dis nou een maal nie haar scene nie. Boyfriends en bikini’s.” Sy sien deur die kombuisvenster hoe haar ma in die oprit van hul Kaapse huis gekaap word.

Hiermee word ’n verhaal aan die gang gesit wat 21 jaar later eers tot sy toppunt gedwing word.

Irna van Zyl
Irna van Zyl

Ingeweef hierby is die stories van Kristien, Louw se geliefde, hul vriendin Zanie wat in haar woonstel in Vredehoek ’n kattehotel het en met bye boer (en baie zol rook), nog ’n goeie vriend, Niklaas, wat betrokke raak by die polisieman kaptein Manie Kaptein en Trevor die Zimbabwiese Uber-bestuurder wie se skuld veroorsaak dat hy ’n besluit neem wat Louw raak.

’n Moord in ’n hotelkamer in die Waterfront veroorsaak dat Louw op die vlug slaan en nie eens die mense wat haar die liefste het, weet of sy betrokke is nie.

Want die kameras wys duidelik hoe sy in die nag die hotel verlaat . . .

* BESKIKBAAR TEEN DIÉ PRYS BY TAKEALOT.COM. DIE PRYS WAS KORREK MET DRUKTYD EN IS ONDERWORPE AAN VERANDERING.
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

27 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees