book-icon Uitgawe 3 Desember 2020

SA skrywers stel boeke voor wat jy die vakansie kan lees

akkreditasie
Koop ’n boek deur een van ons skrywers as geskenk vir iemand, en kies nog een uit hul gunstelinge in Afrikaans en Engels wat hulle vanjaar gelees het.

Bianca Flanders

Bianca Flanders
Bianca Flanders
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za

Prinses Pampoenpit

My gunsteling in Afrikaans is Kô lat ons sing, ’n keur uit Adam Small se digbundels. My lewensmaat sê hy is die Shakespeare van ons tyd en ek stem heeltemal saam.

Dis moeilik om my Engelse gunsteling te kies, want ek het miljoene, maar Patsy deur Nicole Dennis-­Benn is op die oomblik boaan my lys. Ek is mal oor haar skryfstyl, en haar karakters is so ingewikkeld en vol foute en pragtig.

  • Met die Prinses Pampoenpit-storie wil die aktrise Bianca Flanders vir meisies vertel reguit hare is nie ’n droom om te jaag nie.

Johannes de Villiers

Johannes de Villiers. Foto: Misha Jordaan
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Blydskap

Karel Schoeman se geskiedenisboeke kan maar droog wees, maar Skepelinge lees soos ’n spanningsroman. Hy neem jou op reis met matrose wat in die 17de eeu die wilde see aangedurf het, en soms aan die ongetemde kus van Afrika tussen vreemde volke en wilde diere skipbreuk gely het.

Cory Muscara se Stop Missing Your Life is ’n vars blik op mindfulness wat jou in maklike taal vertel hoe om elke oomblik as wonder te beleef.

  • Jy kan nie wag dat blydskap na jou toe kom eers as alles in jou lewe uitgewerk het nie, skryf Johannes in Blydskap.

SD Fourie

SD Fourie. Foto: Johan Pieterse
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Die lanternswaaier

In Van heidebos en Skepper kon Ronnie Belcher met ’n moppie ’n hele storie vertel. Tydens dié vreemde jaar het dit my tot in die ver blou môre gedra.

Ek het ook baie ander ou geliefdes op my boekrak herlees en weer waardeer. Louisa May Alcott se Little Women was jare gelede ’n Kersgeskenk en my eerste eie boek. Ek het dit vanjaar weer gelees, en die magiese bekoring van destyds is steeds daar. Ek wonder hoeveel skrywers se loopbaan het so begin?

  • Dis 1892 en aan die Strandveldkus strand meer skepe as wat moet. Sophie se pa het ’n aandeel hieraan – en sy as kind ook.

Sidney Gilroy

Sidney Gilroy. Foto: Steve D'Elboux
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Klikbek

Ek het tydens die inperking vreeslik na ’n eenvoudiger tyd verlang waar my vryheid nie van die volgende twiet of FB-status van ’n minister afgehang het nie.

Ek kies toe boeke wat lank voor my geboorte verskyn het: Die snydokter van Stalingrad deur Heinz Konsalik omdat dit goed is om daaraan herinner te word dat dit al erger gegaan het; daarna lees ek Toni Morrison se Song of Solomon vir ’n derde keer om hoop se nerf te kan voel.

  • Ontmoet speurder Sollie, nuutste lid van die saakoplossers in die Afrikaanse krimiwêreld, maar moenie ’n held verwag nie.

Anton Goosen

Anton Goosen.
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Anton Goosen: Liedjieboer

Prooi van Deon Meyer het soos al sy vorige werk die spoor of koors ingeslaan vir vraatlees. Bennie Griessel en sy kollegavriend Vaughn het die Piet Byleveld van die Suid-Afrikaanse verbeeldingl geword.

Tereg ook, want ons beste misdaadskrywer word wêreldwyd in vele tale geëer en dus, al is ek ’n aanhanger, bewys die sukses van sy werk my reg. Ek kan nie wag om Donkerdrif oop te blaai nie.

In Engels herbesoek ek tans al die Steinbecks soos wat ek Herman Charles Bosman ook gereeld afstof.

  • Hanlie sê dié boek is Anton “backstage”, “die ander kant van hom, die man op die swart rivier – die pad.”

Jaco Jacobs

Jaco Jacobs.
Jaco Jacobs.
Beskikbaar by takealot.com
Beskikbaar by takealot.com
Die groot Jaco Jacobs-storieboek

Fanie Viljoen se Offers vir die vlieë was vanjaar die wenner van Lapa se jeugromankompetisie. Ek kon dié uitdagende distopiese roman nie neersit nie. Die verhaal van ’n groep tienersoldate op pad om aan die Front te gaan veg, is ’n naelbytriller wat sensitiewe temas kaalvuis takel.

Ek dink die pandemie het vanjaar my leeslus en konsentrasie ’n knou toegedien. Stephen King se nuwe verhaalbundel, If It Bleeds, was net die regte medisyne. Ek is ’n groot King-­aanhanger en was nie teleurgesteld nie.

  • Feetjies, ’n meermin, ’n superheldboetie, ’n poets en dinosourusse – vyf van Jaco se boeke in een.

Chris Karsten

Chris Karsten. Foto: Wessel van Heerden
Chris Karsten. Foto: Wessel van Heerden
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Die versoeking van Thomas Maas

Die heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte, saamgestel deur Fanie Olivier: Net die regte medisyne in klein dosisse – van Pulvermacher tot ­Nathan Trantraal – vir my ou siel wat so swaarkry onder berigte en gerugte van virusse, korrupsie, ellende en geweld in ons geknelde land.

The Guernsey Literary and Potato Peel Pie So­ciety: Mary Ann Shaffer se boek is ’n opheffende vertelling van hoe afgesonderde mense hul basiese ordentlikheid behou en boosheid oorwin.

  • Dié Ella Neser-storie begin by die einde. Wie se lyk dryf daar? Is Lou terug by Ella? Baie vrae.

Wendy Maartens

Wendy Maartens.
Wendy Maartens.
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
My eerste Bybel

Dan Sleigh se Die buiteposte is ’n bron van vreugde. Dis ’n deur na die lewens van mense wie se ervarings steeds byna tasbaar is in ’n deel van ons land wat my na aan die hart lê.  

Thandeka Gqubule se No Longer Whispering to Power: The Story of Thuli Madonsela het met my vrouehart gepraat; ek het nie veel van haar struggle-­verlede geweet nie. Toe ek besef die boek is deur een van die SABC8 geskryf, het dit vir my nog meer beteken.

  • Van die bekendste Bybelverhale word baie kort vir kleintjies oorvertel. Elk eindig met ’n gebedjie van een sin.

Madré Marais

Madre Marais. Foto: Mlungisi Louw
Madre Marais. Foto: Mlungisi Louw
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Luistervink

Die kleinste ramp denkbaar deur Francois Smith sit ’n spel tussen boeiende herkenbaarheid en tergende raaiselagtigheid aan die gang.

’n Karakterbeskrywing sou my laat dink: “Met jou het ek in die werklikheid te doen gekry.” Oor ’n ruimte sou ek voel: “Hier was ek al!” Terselfdertyd goël die veelvlakkige verhaal met verwagtinge.

Om ’n vervolg te skryf (óf lees) is seker altyd ’n risiko. Stephen King se Doctor Sleep het verras. The Shining bly onaangetas as meesterstuk terwyl dié boek die oorspronklike gruwels laat verdiep.

  • Uiteenlopende karakters bevolk dié verhale. Hulle is deur ’n uitstekende afluisteraar in haar debuut gebundel.

Deon Meyer

Deon Meyer. Foto: Peartree Photography
Deon Meyer. Foto: Peartree Photography
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Donkerdrif

Anton Goosen: Liedjieboer is Hanlie Retief se uitstekende biografie oor dié sanger-komponis wat feitlik eiehandig Afrikaanse musiek uit die wakis tot in die 21ste eeu gesleep het. Dis eerlik, insiggewend, dikwels snaaks en ’n heerlike leeservaring.

Die Britse kunsresensent en skrywer Laura Cumming se ma is as driejarige ontvoer op die strand van ’n klein dorpie. In die liriese On Chapel Sands vertel Cumming die storie van haar soeke na wat regtig gebeur het. Briljant!

  • In Donkerdrif kry jy die mooiste vroue, die slimste speurders en die boefste boewe. Loop die agtste Bennie Griessel op eie risiko mis.

Janie Oosthuizen

Janie Oosthuizen. Foto: Lise Beyers
Janie Oosthuizen. Foto: Lise Beyers
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Ouma Hester en die getaway-kar

Ek het Sirkusboere ontdek en my verlustig in Sonja Loots se metafore, van “Frank se vel het sy ontberings begin onthou” tot “Frank se lyf het sy lê begin kry langs ou lyne, in vertroude voue.” En dan, natuurlik, daardie knoetserige, karaktervolle Piet Cronjé.

The Vaccine Race deur Meredith Wadman spreek tot my natuurlike skeptisisme en het my voorberei op hoe vrees mense in boeie slaan en die ambisie en geldlus van viroloë, Big Pharma en politici.

  • Ouma Hester ontwerp vlieënde karre en verwerk olifantmis in omgewingsvriendelike brandstof.

Francois Smith

Francois Smith. Foto: Mlungisi Louw
Francois Smith. Foto: Mlungisi Louw
Beskikbaar by takealot.com
Beskikbaar by takealot.com
Die kleinste ramp denkbaar

Jare gelede het Hennie Aucamp gesê M.E.R. se My beskeie deel was een van die boeke wat die grootste invloed op hom gehad het, en in die inperking het ek dit eindelik gelees. As ons almal maar so kan oud word.

Ook uitgekom by die briljant eie­sinnige Franse skrywer Marguerite Yourcenar. Ek het haar gefiksionaliseerde ­outobiografie van die Romeinse keiser Hadrianus, Memoirs of Hadrian, gelees. ’n Hemelse huwelik van verbeelding en kennis.

  • Die verhaal speel af op ’n Vrydag, Saterdag en Sondag en probeer sê waarom dié Vrystaatse dorpsdokter die land wil verlaat.

Deborah Steinmair  

Deborah Steinmair.
Deborah Steinmair.
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
As jy van moord droom

Kopskuiwende mylpale was Die verdriet van België deur Hugo Claus en Die heelal op my tong deur Anoesch­ka von Meck. Haar binnegesprek is verbysterend. Deon Meyer se Donkerdrif lewer totale onderdompeling. Gewillig hensop ek aan sy geskape werklikheid.

Marlize Hobbs se Voëlvrou het my dwars van balans geklap. In Engels: Afterland van Lauren Beukes. Miss Benson’s Beetle deur Rachel Joyce. Machines Like Me deur Ian McEwan. Stet deur die Britse redakteur ­Diana Athill.

  • ’n Sesjarige word ontvoer. Die polisie bring 20 jaar later ’n bot, oorgewig vrou na haar ma. Is dit dieselfde kind?

Cecilia Steyn

Cecilia Steyn.
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Die vlerke van naaldekokers

Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen tref soos ’n vuishou in die maag. Hierdie distopiese verhaal hou jou vasgenael; dis beslis nie net vir tieners nie. Fantastiese skryfwerk.

Madeline Miller se hervertelling van die lewe van Circe, die songod Helios se dogter, het my geboei en betower. Circe, wat deur haar lewe geboelie, kleineer, vertrap en verban is, neem wraak. Griekse mitologie, avontuur, towery en monsters – ek was mal hieroor.

  • Kylie verloor in matriek haar hand in ’n ongeluk. Saam met haar oupa en sy assistent gaan sy op reis in ’n pienk Cadillac.

André Trantraal

Andre Trantraal
Andre Trantraal
Beskikbaar by takealot.com
Beskikbaar by takealot.com
Keegan & Samier

Die bekende sus die siel in ’n jaar soos dié, Tintin in Afrikaans – Kuifie en Spokie – nou weer beskikbaar by Protea. As ’n cartoonist bly Hergé ’n onuitputlike bron van inspirasie.

’n Goeie memoire lees soos ’n storieboek. Diana Athill se Stet: An Editor’s Life is langs my die laaste ruk. Daar is ’n uitstekende deel oor V.S. Naipaul vir wie ek baie tyd het. Ek hoop Kersvader weet ook ek wil bitter graag die nuwe Joe Sacco-­boek, Paying the Land, hê.

  • Stories wat vir die leser ’n prentjie skep van die alledaagse lewe in die gemeenskappe wat ons nooit in plaaslike kinderboeke sien nie.

Anchien Troskie

Anchien Troskie.
Anchien Troskie.
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Somtotaal

Deborah Steinmair se As jy van moord droom is ’n emosionele verhaal oor die optel van drade en die bind van bande tussen ma en lang verlore dogter. Briljant. Ek het weke lank wakker gelê nadat ek die boek gelees het.

If I Can’t Have You van Charlotte Levin het my in die skoene van ’n stalker laat stap – ek het nog nooit so min van ’n hoofkarakter gehou én soveel simpatie met haar gehad nie. Die storie eindig met ’n lekker kinkel.

  • Ester en Nonthando is van kleins af boesemvriendinne – tot een vakansie toe die liefde (en verraad) toeslaan.

Derick van der Walt

Derick van der Walt.
Derick van der Walt.
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Toring van jasmyn

Die biblioteek aan die einde van die wêreld is Etienne van Heerden op sy beste (al het dit my maklik 40 dae en 40 nagte gekos om daai olifant gekou te kry).

Miss Benson’s Beetle van Rachel Joyce laat jou huppel en hop en borrel en bruis. Moenie misloop nie, jou tone gaan krul. Jy glo weer aan die mensdom. Dié boek kry ook my stem vir die mooiste voorblad van die jaar. Jy wil dit raam en teen jou muur plak.

  • Die wenner van die goue Sanlam-prys vir jeuglektuur speel af in Turkye waar Nina, Markus en Niel vakansie hou – tot Nina wegraak.

Constant van Graan

Constant van Graan. Foto: Wihan Bester
Constant van Graan. Foto: Wihan Bester
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Jungu Josh: Die goue kalbas

Sleepmis oor Stillewater van Zuretha Roos is ’n klassieke griller wat my nekhare opnuut laat rys. Iets grieseligs is aan die broei op ’n kleinhoewe wat die stadsjapie Lise onlangs vir ’n appel en ’n ei gekoop het.

Die fabelkoning, Neil Gaiman, se The Ocean at the End of the Lane is vir my besonders. Dit wys dat ons ons kinderdae gou vergeet. Met die ­besoek aan sy grootwordhuis begin die hoofkarakter brokkies van kindwees onthou.

  • Dié een is vir 10- tot 14-jariges wat avontuurstories gebruik om van vervelige verantwoordelikhede te ontsnap.

Rudie van Rensburg

Rudie van Rensburg. Foto: Brenda Veldtman
Rudie van Rensburg. Foto: Brenda Veldtman
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Hans gee Herklaas horings

Die eenvoud van Zirk van den Berg se Ek wens, ek wens het my betower. Sy onpretensieuse en gestroopte taal wys dat “literêre werke” toeganklik kan wees vir almal. Hoewel die verhaal oor die dood handel, het dit ook heelwat te sê oor die lewe.

Jane Harper se The Dry was ’n welkome afwisseling van die Nordiese noir wat ek gewoonlik verslind. ’n Skitterende debuut wat die kloustrofobiese kleindorpse omgewing inspan om naelbytspanning te skep.

  • Die 92-jarige Hans tel baklei op met ’n grondbaron van Hermanus, wat ’n wolkekrabber wil oprig.

Irna van Zyl

Irnal van Zyl. Foto: Joanne Olivier
Irnal van Zyl. Foto: Joanne Olivier
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Bloedsteen

Johan Jack Smith se boek Zola oor ’n Johannesburgse taximoordenaar het my voete onder my uitgeslaan. Ek was verstom oor hoe Smith die spanning styftrek en verrassend ons geskiedenis by die pot inroer.

Die ander boek wat my op die punt van my stoel gehou het met net soveel noukeurige detail, is American Dirt van Jeanine Cummins oor ’n ma wat met haar seun deur Mexiko vlug nadat haar gesin uitgewis is.

  • Speuradjudant Storm van der Merwe is terug met ’n nuwe klerekas en nuwe misdadigers – dik drama draai in Antwerpen, Londen en Port Nolloth.

Irma Venter

Irma Venter. Foto: Eben Pienaar
Irma Venter. Foto: Eben Pienaar
Beskikbaar by takealot.com
Beskikbaar by takealot.com
Sewe-en-veertig

Deon Lamprecht het my in Die brug ­beïndruk met hoe hy die menslike aspek van die Grensoorlog met deernis belig, nes in Tannie Pompie se oorlog. Hy het ook vir my ’n deel van die geskiedenis gewys wat ek nie geken het nie.

Alex Pavesi se Eight Detectives is ’n behendige, besige (veral teen die einde) reïnkarnasie van Agatha Christie se speurverhale. ’n Mens lees nie die boek vir die karakterontwikkeling nie, maar vir die (verskeie) ontknopings.

  • Dié keer is Sarah die sentrale karakter, die kuber­kraker wat jonk tronk toe is weens dié talent. Nou is sy 26, ryk en steeds eksentriek.

Fanie Viljoen

Fanie Viljoen.
Fanie Viljoen.
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Offers vir die vlieë

Cecilia Steyn se Die vlerke van naaldekokers het my oorrompel. Dit neem jou op ’n binnereis en is een van die beste jeugverhale wat vanjaar verskyn het. Maak jou gereed om ’n traan of twee te stort.  

Ek het Charlie Mackesy se The Boy, the Mole, the Fox and the Horse vir my 50ste verjaardag gekry. Die fantastiese illustrasies en motiverende gedagtes is salf vir die mensdom, veral in hierdie jaar. Kry dit vir jouself en gee dit as geskenke.

  • Geweld, verlies van identiteit en boeliegedrag waar­mee ouer tieners hulle sal kan vereenselwig in die verhaal van ses soldate in ’n distopiese staat.

Cas Wepener

Prof. Cas Wepener. Foto: Deaan Vivier
Prof. Cas Wepener. Foto: Deaan Vivier
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Beskikbaar by graffitiboeke.co.za
Die slaghuis

Kroniek van Perdepoort van Anna M. Louw moes ek vir ’n projek herlees; toe doen ek dit sommer meer as een keer. Daardie teks sit in die vesel van ’n hele paar Afrikaanse romans. Brink het die boek destyds as “waaragtig indrukwekkend” beskryf.

In die debuut Mermaid Fillet van Mia Arderne dra ’n karakter Jordans by geboorte, soek almal die Tamagotchi en vra een: “What the f*** is woke?” Dit speel in die Kaap af en is nes Louw se plaas vol duiwels waarmee almal stoei.

  • ’n Erotiese toneel in ’n slaghuis, ’n bedrewe slagter, ’n ou man in ’n agterplaas . . .
FOTO'S: RIEGHARD VAN RENSBURG, WESSEL VAN HEERDE, WIHAN BESTER, DEAAN VIVIER, PEARTREE PHOTOGRAPHY, MLUNGISI LOUW, EBEN PIENAAR, JOANNE OLIVIER, LISE BEYERS, BRENDA VELDTMAN, STEVE D’ELBOUX, VERSKAF, CC BY-SA 4.0 JACO JACOBS, PENGUIN RANDOM HOUSE, INSTAGRAM, FACEBOOK
Jongste uitgawe

19 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees