“Daar was nie eintlik karakters van my kleur in tienerboeke toe ek grootgeword het nie.”
So vertel Crystal-Donna Roberts, die aktrise wat veral bekend is vir haar rolle in Arendsvlei en Krotoa. Jy verstaan dus waarom haar eerste boek vir tieners ’n hoofkarakter het wat soos sy lyk.
Maar eintlik skryf sy vir alle tieners, sê Crystal-Donna. “Dis so met enige boek – as die leser ’n konneksie voel met die storie en karakters, dan is dit vir hulle.”