Mila is nou te sien in die fliekweergawe van die skrywer Jessica Knoll se roman Luckiest Girl Alive. In dié riller klim Mila (39) in die skoene van Ani Fanelli wat New York toe trek om van ’n rits traumatiese gebeure uit haar tienerjare te ontsnap.
Maar ’n tragedie uit haar skooljare dreig om haar nuwe lewe en opkomende troue te ontspoor. Die fliek raak aan kwessies soos seksuele aanranding en ’n skoolskietery. “Jy stap weg nadat jy dit gekyk het en kan dan oor dié dinge praat,” sê Mila.
Sy is ook een van die vervaardigers van die fliek. “Ek hou daarvan om iemand te speel wat so desperaat is om iets te wees wat sy nie is nie,” vertel die aktrise.